Microsoft se nuwe Windows 8-bedryfstelsel stoot gebruikers af van rekenaars na slimfone en tabletrekenaars, het die marknavorser IDC Woensdag gesê. Die verkope van gewone rekenaars het in die eerste drie maande van 2013 met 14% gedaal, het IDC gesê. Dit is die skerpste daling sedert die navorsing in 1994 oor die rekenaarbedryf begin het. Microsoft
Thatcher-begrafnis ‘n openbare betrekkinge oefening
Die eerste van meer as 2 000 uitnodigings vir die begrafnis van die ontslape oudpremier van Brittanje, Margaret Thatcher, sal Vrydag uitgestuur word. Dié uitnodigings sal onder andere gestuur word aan verskeie wêreldleiers, insluitend al die lewende Amerikaanse oudpresidente en voormalige Britse premiers, sowel as aan Britse vermaaklikheidsterre soos die Top Gear-aanbieder Jeremy Clarkson. Belangrike
Lees verder: Thatcher-begrafnis ‘n openbare betrekkinge oefening
Zuma, Manuel stem saam oor apartheid
Uitsprake oor apartheid se nalatenskap in Suid-Afrika deur pres. Jacob Zuma en Trevor Manuel, minister in die presidensie, weerspreek mekaar nié, het die presidensie Donderdag gesê. “Om te sê apartheid se nalatenskap en impak bestaan steeds en sal vir ‘n lang ruk nog met ons wees, beteken nie die president sê staatsamptenare moet dit gebruik
Polisie slaan op penis-pamflette toe
Die Johannesburgse Metropolisie het Donderdag op ‘n onderneming wat pamflette vir penisvergrotings met eksplisiete foto’s daarop in die stad versprei, toegeslaan Twee mans wat die pamflette in Breestraat versprei het, het beamptes na ‘n kantoor in 220 Jeppestraat gelei, waar plakkate en pamflette vir die penisvergrotings gedruk word, het hoofsupt. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, gesê. Beamptes het
Marikana-advokaat aangeval, gesteek
Dit is nog nie seker of adv. Dali Mpofu sy werk by die Marikana-ondersoekkommissie sal kan hervat nadat hy naby ‘n strand in Oos-Londen aangeval is nie. Hy verteenwoordig mynwerkers by die Marikana kommisie van ondersoek. Die ANC het die aanval op advokaat Dali Mpofu skerp veroordeel en sê so ‘n daad van boewery behoort
Agang sal anti-man wees
Politici word nie genoeg vir hulle dade verantwoordelik gehou nie as gevolg van die land se sterk “manlike politieke kultuur,” het Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, Donderdag gesê. “Die kern van die probleem in ons land is ‘n politieke kultuur wat onder alle politieke partye gesien kan word, wat mans bevoordeel ten koste van
Geen data oor SEB bestaan nie sê VF+
Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor handel en nywerheid, sê geen behoorlike data bestaan wat aandui of swart ekonomiese bemagtiging in effek wel swart mense bemagtig het nie. “Daar is onlangs ook in die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid vasgestel dat geen behoorlike data bestaan wat aandui of swart ekonomiese bemagtiging
Greyling se aantygings oor PW grotesk
Dis ironies dat Ferdi Greyling hom op demokrasie beroep in sy kritiek op pres. Jacob Zuma. Anders as oudpres. Nelson Mandela, byvoorbeeld, is sy “handelsmerk” nie deur Britse politici en popsterre opgebou nie, maar deur hom en sy ondersteuners. Hy kom uit landelike KwaZulu-Natal, waar die meeste Zoeloes woon. Zuma se paleisrevolusie teen Mbeki was
Wit bejaarde by pensioenuitkering verneder
Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) indien na die voorval waarin ‘n 84-jarige vrou van Newcastle, mev. Ria van Straaten, gedwing is om te sing voordat amptenare haar ouderdomspensioen aan haar uitbetaal het. Die party eis ook die onmiddellike afdanking van al die personeel wat by die voorval betrokke was
