Agang sal anti-man wees

Politici word nie genoeg vir hulle dade verantwoordelik gehou nie as gevolg van die land se sterk “manlike politieke kultuur,” het Mamphela Ramphele, leier van Agang SA, Donderdag gesê.

“Die kern van die probleem in ons land is ‘n politieke kultuur wat onder alle politieke partye gesien kan word, wat mans bevoordeel ten koste van ander sosiale groepe en wat politieke partye bevoordeel ten koste van individue,” het Ramphele gesê.

“In ons manlik gedomineerde en politiek-georiënteerde demokrasie is die verbintenis tussen politieke partye en burgers uiters swak en in sommige gevalle bestaan dit nie.”

Ramphele het gepraat tydens ‘n seminaar oor die hervorming van die kiesstelsel by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Ramphele het met die bekendstelling van haar politieke platform in Februarie gevra vir ‘n nuwe stelsel waarin kiesers in geografiese kiesafdelings hul LP’s direk kan kies. Partyleiers kies tans self LP’s.

“Politieke lojaliteit oorheers individuele menseregte.

“Die lojaliteit-faktor word gekompliseer deur faktore soos ras, etnisiteit en geloof,” het sy gesê.

“Eers wanneer daar ‘n fundamentele verandering in Suid-Afrika se politieke kultuur kom, sal die land daartoe in staat kan wees om ‘n betekenisvolle verantwoordbaarheid in sy politieke stelsel te bou,” het Ramphele gesê.

“Die verandering van die verkiesingsklousule van ons grondwet moes al lankal plaasgevind het.

Maak 'n opvolg-bydrae