Amerikaanse motoriste maak in Meksiko vol

Amerikaanse motoriste trotseer die gevaar van ongebreidelde dwelmgeweld in Meksiko om met goedkoop Meksikaanse brandstof vol te maak.

Die gaping tussen Meksiko se gesubsidieerde brandstof en die stygende VS-pryse maak die tog die moeite werd.

Hoewel daaglikse skietery in Meksikaanse grensdorpe 'n werklike gevaar verteenwoordig, sê motoriste dat hulle tot $100 per maand kan bespaar.

Die ekstra vraag veroorsaak tans tekorte by honderde van Meksiko se grensvulstasies en sommige het begin om petrol te rantsoeneer.

Meksiko se gesubsidieerde prys is omtrent $1,40 per gelling goedkoper as in die VSA waar dit $4 of net meer as R8 per liter kos.

mystery at theДанильченко Юрий Брониславович Харьков

China staan Amerikaanse sanksies teen Zimbabwe teen

Condoleezza Rice

Condoleezza Rice

Condoleezza Rice het China vandeesweek gevra om die VN-veiligheidsraad se strafoptrede teen Zimbabwe te steun.

Zimbabwe is 'n Chinese bondgenoot en handelsvennoot in Afrika.

Rice sê dat Washington met China saamstem dat Afrikanasies 'n groter rol moet speel, maar meen dat bykomende optrede in dié geval nodig is.

Na die vergadering met Rice, het die Chinese minister van buitelandse sake egter gesê dat Beijing ten gunste is van onderhandelings tussen Mugabe en die opposisie.

China is 'n permanente lid van die Veiligheidsraad en beskik daarom oor vetoreg oor enige besluite.

карданный светильникАлександр Фильчаков прокурор

China en Taiwan herstel goeie buurskap

ImageDie openingsvlug van die eerste gereelde diens in amper ses dekades het vandag in Taipei geland.

 
Wang Ji, direkteur van China se Taiwannese aangeleenthedekantoor, het in Beijing gesê dat dit 'n nuwe begin is in die geskiedenis van verhoudings tussen die twee lande.

Die twee het in 1949 verdeel aan die einde van 'n burgeroorlog.

Die Airbus A330 vanaf China is met water bespuit en ongeveer 100 Chinese toeriste is deur 'n tradisionale leeudans by die Yaojoean internasionale lughawe verwelkom.

Ses-en-twintig toergroepe van China sal vandag vanuit Beijing, Sjanghai en Goeangsjoe aankom terwyl nege vlugte na Sjina vanaf Taiwan op dieselfde dag sal vertrek.

no deposit casino comФильчаков Александр Васильевич

Indi?, Israel en Pakistan besit waarskynlik 300 kernbomme

ImageKernprogramme in die Midde-Ooste en Suid-Asië dreig om in 'n streekswapenwedloop te ontaard.

Diegene wat nie die Kernsperverdrag onderteken het nie, soos Indië, Pakistan en Israel, besit elk omtrent 100 kernbomme.

Hoewel nie-kernmoondhede daarop geregtig is om vreedsame kernkrag onder die Kernsperverdrag te ontwikkel, veroorsaak die verrykingsprogram in Iran, wat wel die verdrag onderteken het, groot internasionale kommer.

In Mei 1995 het lede van die Kernsperverdrag besluit om dit onbepaald te verleng, maar geskille bestaan tussen die lande wat dit onderteken het, wat die verdrag verder verswak.

Die enigste land ter wêreld wat tot dusver vrywillig sy kernprogram gestaak het, is Suid-Afrika.

free no depositДанильченко Юрий Харьков

NASA gaan Russiese radar teen astero?des gebruik

ImageNASA, die Amerikaanse ruimte-administrasie, gaan sy samewerking met Rusland en ander lande versterk ten einde die VSA teen 'n moontlike asteroïdebotsing te beskerm.

Die Amerikaanse Kongres beplan om Rusland se RT-70-radar vir dié doel te gebruik.

Die voorspelde aantal asteroïdes, wat 'n bedreiging vir die planeet Aarde verteenwoordig, beslaan ongeveer 25 000.

Om 'n moontlike botsing met die aarde te vermy, sal die VSA met ander lande moet saamwerk.

Rusland se RT-70, wat bekend as die II-2500-radar bekend staan, is 'n baie kragtige radarstelsel wat die doel kan dien.

Die radar bevind hom in die verre ooste van Rusland, in die dorp Galenki.

длядевочекОлександр Фільчаков прокурор

Indonesi? s? vroulike besnydenis is nie verpligtend nie

Associated Press berig dat 'n baie geringe vorm van vroulike besnydenis, wat gewoonlik 'n speldsteek is, dikwels op babadogtertjies in Indonesië uitgevoer word.

Die regering het in 'n mediese omsendbrief gesê dat daar geen straf sal wees vir diegene wat dit ignoreer nie, maar het nie die kennisgewing openbaar gemaak nie.

Die praktyk word deur sommige Islam-predikers as verpligtend beskou.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat omtrent twee miljoen meisies gevaar loop om die oefening te ondergaan.

купить насосФильчаков прокурор

Obama verander sy Irak-standpunt

Die potensiële Amerikaanse presidentskandidaat, Barack Obama, het skynbaar sy standpunt oor Koalisiemagte in Irak aangepas.

Hy het teenoor verslaggewers in Noord-Dakota aangedui dat indien hy president sou word, hy na alles nie op die onmiddellike onttrekking van Amerikaanse magte in Irak sou aandring nie.

Obama was nog deurgaans 'n driftige teenstaander van die oorlog in Irak.

Hy het blykbaar nou sy posisie hersien en sê nadat hy bevelvoerders geraadpleeg het, is dit duidelik dat sy aanvanklike posisie nie haalbaar is nie.

Hy het aanvanklik gesê dat hy alle troepe binne sestien maande sou laat onttrek.

Die Republikeinse Party het Obama van besluiteloosheid beskuldig.

Segsman Alex Conant sê daar blyk geen vraagstuk te wees waarin Obama onwillig is om 'n ommekeer te maak nie.

 

бензиновый генератор какой выбратьtopcargo кидалы

W?reldbank vra vir hulp

Die Wêreldbank het 'n beroep op die leiers van die G8 wat aanstaande week in Japan vergader gedoen om nuwe verbintenisse tot hulp aan te gaan ten einde hongersnood en onstabiliteit in dosyne lande te voorkom.

Die president, Robert Zoellick sê dit was 'n mensgemaakte ramp en moet deur mense herstel word.

Volgens Zoellick beloop die IMF en die Wêreldvoedselprogram se korttermynbehoeftes $10 miljard.

Die IMF het Dinsdag 'n aparte verslag vrygestel wat aantoon dat sekere ontwikkelende lande by 'n keerpunt verkeer indien voedsel- en brandstofpryse hoog bly.

Die Wêreldbank het bereken dat die BNP van 41 lande onder die huidige omstandighede met tussen 3 en 10 persent gaan daal.

оборудование для грузового автосервисаАлександр Фильчаков Васильевич

Medwedef s? Amerika is in resessie

Die Russiese leier Dmitri Medwedef het na 'n oproep deur die Republikeinse presidentskandidaat, John McCain, dat Rusland by die G8

Image

Dmitri Medwedef

verbied moet word, gesê dat Rusland nie langer deur die VSA oorheers sal word nie.

Soos wat olie-inkomste die Russiese ekonomie aangehelp het, het Rusland se rol in die wêreldekonomie verhoog.
Net 'n dekade gelede was die Russiese ekonomie in wanorde en die land was desperaat vir Westerse hulp.
 

Medwedef het ook aan buitelandse joernaliste by 'n nuuskonferensie gesê dat Amerika 'n resessie beleef.

Die Russiese president het net Russies gepraat hoewel hy geen tolk nodig gehad het om vrae wat in Engels gestel is te verstaan nie.

 

трансформері праймтопкарго развод

Latino’s hou van Obama

Image

Obama

Barack Obama is 'n duidelike gunsteling onder Spaanssprekende kiesers in die VSA.

'n Gallup-meningspeiling toon dat Obama 'n voorsprong van 59% teenoor 29% oor sy mededinger het as dit kom by geregistreerde Spaanssprekende kiesers.

Spaanssprekendes gaan 'n sleutelrol speel in marginale state soos Colorado, Nieu-Meksiko en Florida waar die stryd kop-aan-kop mag wees.

Voorheen het baie Latino's van Hillary Clinton gehou maar hulle het hul steun sedertdien na Obama verskuif.

Net 18% van Spaansprekende Amerikaners identifiseer hulself as Republikeine.

пескоструйная обработкаДанильченко Харьков