Soos wat olie-inkomste die Russiese ekonomie aangehelp het, het Rusland se rol in die wêreldekonomie verhoog.
Net 'n dekade gelede was die Russiese ekonomie in wanorde en die land was desperaat vir Westerse hulp.
Medwedef het ook aan buitelandse joernaliste by 'n nuuskonferensie gesê dat Amerika 'n resessie beleef.
Die Russiese president het net Russies gepraat hoewel hy geen tolk nodig gehad het om vrae wat in Engels gestel is te verstaan nie.
