Die president, Robert Zoellick sê dit was 'n mensgemaakte ramp en moet deur mense herstel word.
Volgens Zoellick beloop die IMF en die Wêreldvoedselprogram se korttermynbehoeftes $10 miljard.
Die IMF het Dinsdag 'n aparte verslag vrygestel wat aantoon dat sekere ontwikkelende lande by 'n keerpunt verkeer indien voedsel- en brandstofpryse hoog bly.
Die Wêreldbank het bereken dat die BNP van 41 lande onder die huidige omstandighede met tussen 3 en 10 persent gaan daal.
