Amerikaanse motoriste maak in Meksiko vol

Amerikaanse motoriste trotseer die gevaar van ongebreidelde dwelmgeweld in Meksiko om met goedkoop Meksikaanse brandstof vol te maak.

Die gaping tussen Meksiko se gesubsidieerde brandstof en die stygende VS-pryse maak die tog die moeite werd.

Hoewel daaglikse skietery in Meksikaanse grensdorpe 'n werklike gevaar verteenwoordig, sê motoriste dat hulle tot $100 per maand kan bespaar.

Die ekstra vraag veroorsaak tans tekorte by honderde van Meksiko se grensvulstasies en sommige het begin om petrol te rantsoeneer.

Meksiko se gesubsidieerde prys is omtrent $1,40 per gelling goedkoper as in die VSA waar dit $4 of net meer as R8 per liter kos.

mystery at theДанильченко Юрий Брониславович Харьков