Jacob Zuma
Die adjunkpresident van die ANC, Jacob Zuma, het deur middel van sy regsverteenwoordiger, Mike Hulley, gereageer op bewerings dat hy geldelike steun van Angolese en Libiese leiers ontvang het ten einde vir president Thabo Mbeki uit die stoel te lig. Volgens Zuma is die bewerings deel van ’n poging om hom te diskrediteer en hy hoop dat die gereg die skuldiges sal vind.
Die Sunday Independent het gister verwys na ’n “uiters geheime” verslag in hulle besit, waarin die bewerings vervat word.

Lees verder: Zuma ontken bewerings van buitelandse steun