Ferrari het ‘n nuwe babatjie gekry. Die California is in egte Ferrari-tradisie niks minder as ‘n rasegte Italiaanse perd nie. Die motor is
beskikbaar as ‘n hardevoudakstrandmotor. Dit beteken nou dat hy in sy element sal wees op die straat in Kampsbaai of Plettenbergbaai.
Lees verder: Ferrari California, nuwe perd uit die Italiaanse stal

John McCain se veldtogbestuur het die New York Times kaalvuis gepak. Hulle beskuldig die koerant daarvan dat hulle Obama openlik ondersteun.
Meer as 10 000 mense het verlede naweek in die Sweedse stad van Malmoe opgeruk teen globalisering. Die optog is gereël om saam te val met die byeenkoms van die Europese Sosiale Forum.