Noord-Korea beplan om hul Yongbyonkernreaktor weer in werking te stel om 'n dooiepunt in internasionale kernontwapeningsamesprekinge op te los, volgens Hyon Hak-Bong van die ministerie van Buitelandse Aangeleenthede van dié land.
Dooiepunt in Noord-Koreaanse kernsamesprekinge
Noord-Korea beplan om hul Yongbyonkernreaktor weer in werking te stel om 'n dooiepunt in internasionale kernontwapeningsamesprekinge op te los, volgens Hyon Hak-Bong van die ministerie van Buitelandse Aangeleenthede van dié land.

Die Amerikaanse kredietkrisis het reeds $900 miljard se bystand van die Amerikaanse regering geëis. In rand is dit gelykstaande aan R7,2 triljoen rand; dis nou 72 gevolg deur elf nulle.
Die houding van die aandeelhouers van die Reserwe Bank by die 88ste algemene jaarvergadering was rassisties sê Tito Mboweni. Mboweni het aan Mario Pretorius gesê dat hy nie sal toelaat dat Pretorius met hom praat soos wat wittes in die verlede met swartes gepraat het nie.