Die verkiesing is skaars afgehandel, of blou moord word geskree dat die ANC teruggaan op sy woord oor die weglating van konsessies in die wetsontwerp oor toegang tot inligting Verslaggewers sonder Grense het reeds voor die konsessies Suid-Afrika laat tuimel op die persvryheidsindeks, en dié wetsontwerp as een van die redes daarvoor aangegee. Die ander
Steve vir president!
Volgens sekere fluisterstemme in die Afrikanergeledere is daar ‘n groot groep mense wat vir Steve Hofmeyr wil nomineer vir die VVK-verkiesing. Of dit die waarheid is of nie, weet ek nie, maar dit het my aan die dink gesit oor hoekom ons vir Steve bewonder? Nee, hy is nie noodwendige ‘n “geliefde” van die volk
VN waarsku Nigerië oor hoë geboortesyfer
‘n Spesiale adviseur van Ban Ki-moon, die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, het Nigerië Maandag gewaarsku teen ‘n bevolkingsontploffing. Hy meen die huidige bevolking van 158 miljoen kan teen die jaar 2100 groei tot 730 miljoen. “Ek is regtig bekommerd oor ‘n bevolkingsontploffing in Nigerië. Dit is nie gesond nie. Nigerië moet mik om ‘n maksimum
Soedannese skikking na die maan?
Groot kommer heers oor die toekoms van die Soedannese skikking nadat militêre magte uit die Arabiese noorde Sondag die stad Abyei en omstreke ingeneem het. Tot 20 000 mense het volgens die VN dieper in die suidelike deel ingevlug, wat bestem is om in Julie onafhanklik te word. Die onafhanklikheid van die Christen-suide van die
Een nasie, een toekoms
набор детской косметикиЛобановский
Wit Amerikaners ervaar rassisme, sê studie
Beide wit Amerikaners en swart Amerikaners sien beduidende vordering in die stryd teen anti-swart vooroordeel, maar wit Amerikaners glo die vordering het gekom ten koste van wittes, het ‘n nuwe opname bevind. Die navorsers het in ‘n ewekansige steekproef 209 blankes en 208 swartes gevra hoeveel diskriminasie elke groep in die gesig staar, op ‘n
Britte ontvang folteraar met ope arms
Phillip Machemedze, 46, het reeds uitgewyk na die Verenigde Koninkryk in 2000 saam met sy vrou, want hy het “genoeg van die marteling” gehad, maar het nietemin agt jaar gewag om aansoek te doen vir verblyfreg. Op 4 Mei is hy verblyfreg in Brittanje gegun ten spyte van die misdade teen die mensdom wat hy
Die Arabiese domino-rewolusie duur voort
Terwyl Suid-Afrika verkiesing gehou het, het die wêreld daarbuite nie gaan stilstaan om te kyk wat hier gaan gebeur nie – al is daar hier te lande politici wat meen Suid-Afrika is die wêreld se stert wat die hond swaai. Die Ivoorkus se presidentsverkiesingsafloop het byvoorbeeld amper ongesiens afgeloop, hoewel daardie land nog ‘n lang
Aantygings van rassisme teen DA in Tshwane
Ernstige aantygings van rassisme teen die DA in Tshwane het aan die lig gekom. Swart lede beweer hulle word deur wit partyleiers gemarginaliseer. Partylede het ook beweer dat die leierskap bestaan uit “rassiste wat graag die behoud van die status quo” wil sien deur swart DA-lede uit sleutel posisies te hou. Die party se wit
‘Weste wil Libië se olie vat’
Die waarskynlike nuwe leier van Al-Kaida sê NAVO se operasies in Libië is bedoel om Moeammar Gaddafi se regering omver te werp sodat die Weste ‘n “marionet-regering” kan instel om beheer oor Libië se olie te verkry. In ‘n 49-minuut lange klankopname het Ayman al-Zawahri, die nommer twee van Al-Kaida, Libiërs aangemoedig om wapens op
