Die diens word ‘n mag

Die ANC-president, mnr Jacob Zuma maak die afgelope tyd kwaai blafgeluide oor die misdaadsituasie in die land. Misdaad het totaal handuit geruk. Die misdaadsyfers wat onlangs bekend gemaak is, hoe betwyfelbaar dit ook al mag wees, bewys dat daar daadwerklik indringend na oplossings vir hierdie onaanvaarbare hoë syfers gesoek moet word. Op ’n mediakonferensie wat

Lees verder: Die diens word ‘n mag

Ngcobo is nuwe hoofregter

President Jacob Zuma het Sandile Ngcobo as die nuwe hoofregter aangewys. Ngcobo vervang regter Pius Langa, wat later vandeesmaand aftree. In Augustus vanjaar het Zuma groot ophef by opposisie partye veroorsaak toe hy vir regter Sandile Ngcobo as sy keuse vir die pos benoem het. Opposisie partye het gesê sy nominasie van Ngcobo was ongrondwetlik.

Lees verder: Ngcobo is nuwe hoofregter

Malema steun Chuene

Julius Malema, die leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag sy ondersteuning vir Leonard Chuene, die president van atletiek Suid-Afrika, ASA, uitgespreek. Hy het gevra dat borge soos Nedbank getrou bly aan die organisasie. “Ons glo dat die pogings om hom as president te skors vir sy opregte pogings om Caster Semenya te beskerm opportunisties is

Lees verder: Malema steun Chuene

Wêreldbank beloon Zimbabwe met 74 miljoen dollar

Die Wêreldbank het gister aangekondig dat Zimbabwe ‘n skenking van VS$74 miljoen ontvang om sy landbousektor te laat herlewe. “Die geld is 74 miljoen dollar, wat meer is as die 25 miljoen van verlede jaar,” het David Rohrbach, ‘n senior landbouekonoom by die Wêreldbank, aan verslaggewers tydens ‘n landboukonferensie in Harare gesê. Die bank hoop

Lees verder: Wêreldbank beloon Zimbabwe met 74 miljoen dollar

Standerton gespanne

Betogings in Standerton het Donderdag uitgebreek by die Sakhilelokasie toe inwoners die paaie met klippe en ander voorwerpe versper het, het Mpumalanga polisie gesê. “Honderde inwoners het die R23 met klippe en bande en ander voorwerpe versper en motoriste verhoed om die pad te gebruik,” het kaptein Leonard Hlathi gesê. Ontstoke inwoners het vroeg Donderdagoggend

Lees verder: Standerton gespanne

Vir die reënweer

{jathumbnail off} Iets anders vir die koel reënweer. Dit neem nie langer as 20 minute om dié vullende warm slaai vir vier mense aanmekaar te slaan nie. HOENDER EN AARTAPPELSLAAI 500g jong aartappeltjies, in dik skywe gesny1 eetlepel balsamiese asyn3 eetlepels olyfolie100g babaspinasieblare400g of vier gaar hoenderborsies in skywe gesny100g gehalveerde kersietamatiesMetode Kook die aartappelskywe

Lees verder: Vir die reënweer