'n Totaal van 5 372 mense is in Mpumalanga aangekeer vir verskeie misdade gedurende die feesseisoen, het die polisie Dinsdag gesê. Woordvoerder Abie Khoabane het gesê 45 van dié wat gearresteer is sedert 1 Desember was gesoek vir moord, verkragting en huisbrake. 'n Verdere 156 mense is gevang vir dronkbestuur. Khoabane het gesê boetes ter
Mededingingsraad keur MTN/iTalk-samesmelting goed
Die mededingingsraad het Dinsdag goedkeuring gegee dat die samesmelting van die selfoonmaatskappye MTN en iTalk kan voortgaan. MTN wat mobiele stem- en datadienste verskaf, sal die oorblywende 59% van iTalk-aandele bekom, het die registrateur van die tribunaal, Lerato Motaung, in 'n verklaring gesê. Die maatskappy sal dus al die aandele wat iTalk uitgereik het behou
Lees verder: Mededingingsraad keur MTN/iTalk-samesmelting goed
Lyfwag van burgemeester aangehou oor ‘grapmoord’
'n Lyfwagvan die Umsunduzi-munisipaliteit se burgemeester, wat klaarblyklik een van sy vriende per ongeluk geskiet het, het homself Dinsdag aan die polisie in Pietermaritzburg oorhandig, het die polisie gesê. Superintendent Henry Budham het gesê die 30-jarige lyfwag, Nkosi Ngubane, is een van drie verdagtes wat na bewering betrokke was by die moord op hulle vriend,
Lees verder: Lyfwag van burgemeester aangehou oor ‘grapmoord’
Tien dood in swaar re?n in Mosambiek sedert Desember
Vloed in Mosambiek Ten minste 10 mense is dood in die swaar reën wat verskeie gebiede in Mosambiek sedert Desember tref, het die koerant Noticias Dinsdag berig. Nege mense is dood in die sentrale provinsie Manica en een in Inhambane in die suide, waar groot gebiede deurweek is. Die reën het ook eiendom regoor die
Lees verder: Tien dood in swaar re?n in Mosambiek sedert Desember
Jong kommuniste bring hulde aan Joe Slovo
Die jong kommunisteliga wil sy verkiesingspogings aan Joe Slovo, wat 14 jaar gelede dood is toewy, het die organisasie Dinsdag gesê. "Daar kan geen beter herinnering aan kader Joe Slovo wees nie, as om te verseker dat die ANC-geleide alliansie die nasionale en provinsiale verkiesings wen met 'n beslissende 75%-stem nie," het Castro Ngobese, die
ANC se logika oor Gasa en Zimbabwe
Met sy gewone onkreukbare logika, is die ANC-regime, by monde van Gwede Mantashe, besig om sy mond uit te spoel oor die konflik in Gasa.
Met sy gewone onkreukbare logika, is die ANC-regime, by monde van Gwede Mantashe, besig om sy mond uit te spoel oor die konflik in Gasa.
Dissident binne Kongolese rebellebeweging ‘het verraad gepleeg’
Laurent Nkunda Laurent Nkunda is steeds in beheer van die DRK se sterk rebellebeweging en 'n teenstaander wat sy gesag uitgedaag het, gaan van hoogverraad aangekla word, het 'n woordvoerder Dinsdag gesê. Die BBC het beweer dat offisiere van die NKVM Maandag klaarblyklik vir Nkunda ontslaan het. 'n Verklaring wat geteken is deur die rebelle
Lees verder: Dissident binne Kongolese rebellebeweging ‘het verraad gepleeg’
Cholera ‘onder beheer’ – gesondheidsdept.
Die cholera-uitbraak wat in Desember verlede jaar begin het, is onder beheer, het die departement van gesondheid Dinsdag gesê. "Die hoeveelheid choleragevalle wat sover vermoed en bevestig is, blyk grootliks beperk te wees tot twee van die land se nege provinsies," het woordvoerder Fidel Hadebe gesê. Limpopo het steeds die meeste gevalle van cholera, gevolg
SA ervaar bloedtekort
Bloedskenking Die SA Nasionale Bloeddiens het Dinsdag gevra dat meer mense bloed moet skenk vanweë 'n tekort in die voorraad. "Die land het net een dag se voorraad O-groep bloed landswyd," het woordvoerder Justice Mohale van die SANBD gesê. Die tekort aan bloed kan wees as gevolg van skenkers wat op vakansie is en nie
