Robert McBride
Lede van die SAPS het klagtes van intimidasie teen Ekurhuleni-metropolisiebeamptes ingedien na aanleiding van ’n insident wat Woensdag in Boksburg plaasgevind het. Superintendent Eugene Opperman van die SAPS het die nuus gister bekend gemaak.
Patrick Johnston, een van drie geskorste Ekurhuleni-metropolisiebeamptes, is Woensdag deur kollegas van die pad afgetrek omdat sy voertuig getinte ruite gehad het. Hy het Stanley Segathevan, ook ’n geskorste metropolisieman, gebel en sy kollega het op die toneel aangekom om hom by te staan. ’n Rusie het ontstaan en polisiehulp is deur Johnston ontbied. McBride het ook op die toneel aangekom. Die twee geskorste beamptes is uiteindelik gearresteer op klagtes dat hulle ingemeng het met die uitvoering van hul kollegas se pligte en hulle sou verset het.

Lees verder: McBride wys sy ware kleure