Miljoene van Bieber-konsert gesteel

Miljoene rande is gesteel tydens ‘n rooftog by die FNB-stadion, suid van Johannesburg, het die polisie in Gauteng Maandag gesê. “‘n Werknemer van die stadion het na bewering ná die Justin Bieber-konsert geld in die instapkluis gesit en omstreeks 23:00 gisteraand [Sondag] huis toe gegaan,” het lt. kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê. Mogale het gesê

Lees verder: Miljoene van Bieber-konsert gesteel

DA wonder waarom ‘Al-Kaida’ in SA sluit

Dianne Kohler-Barnard, DA-woordvoerder, het Maandag gesê die Demokratiese Alliansie “soek antwoorde oor hoekom ‘n ondersoek na Al-Kaida-bedrywighede in Suid-Afrika gestaak is”. “Suid-Afrikaners verdien ‘n verduideliking hoekom dit gebeur het en hoekom die ondersoek gestaak is,” het sy gesê. Kohler-Barnard, wat nie Afrikaans magtig is nie, is klaarblyklik nie bewus van berigte wat aandui dat die

Lees verder: DA wonder waarom ‘Al-Kaida’ in SA sluit

Bengazi: Obama se doppie kan klink

Amerikaanse presidente verloor in hul tweede termyn heeltemal kontak met die werklikheid: Volgelinge en vertrouelinge span saam om die leier van die “vrye wêreld” te isoleer van wat in die wêreld gebeur. Die slegte nuus, en erger persdekking, word nie oorgedra nie en hulle knik instemmend vir sy elke opmerking, hoe absurd ookal. Obama het

Lees verder: Bengazi: Obama se doppie kan klink

Kapitalisme is ‘van die duiwel’

Die kapitalistiese stelsel is die ware vyand in Suid-Afrika, het Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi Vrydag gesê. Probleme soos xenofobie, korrupsie, geslagsgeweld en dwelmmisbruik is gewortel in ekonomiese ellende, het hy gesê in Johannesburg. “Al hierdie is gewortel in ‘n ander stel van drie selfs groter duiwels;. Werkloosheid, armoede en ongelykheid, wat ‘n vrugbare teelaarde

Lees verder: Kapitalisme is ‘van die duiwel’

Bees Roux bepeins sy toekoms

Gewese Bloubul- en Bulls vaskopstut, Bees Roux, se toekoms is onder die vergrootglas. Roux het hoofopskrifte gehaal toe hy in Augustus 2011 ‘n metropolisieman, die 38-jarige sersant Johannes Mogale, met die kaal hande doodgemaak het ná ‘n omstrede insident in ‘n straat in Hatfield, Pretoria. Rugbyliefhebbers was vroeër vandeesweek verbaas om Roux se naam te

Lees verder: Bees Roux bepeins sy toekoms

Kempton steeds in duister

Dele van Kemptonpark, oos van Johannesburg, was teen Maandagoggend steeds sonder krag ná ‘n kabel in die gebied beskadig is, het die Ekurhuleni-munisipaliteit gesê. Tegnici het nog ‘n dag nodig om die skade te herstel, het Sam Modiba, ‘n woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. Dele van Van Riebeeckpark, Terenure, Birch Acres en Edleen het sedert

Lees verder: Kempton steeds in duister

Nog ‘n Markana-getuie doodgeskiet

‘n Streeksorganiseerder van die vakbond Amcu in Noordwes is Saterdag by ‘n sjebeen naby Amplats se Khomani-myn in Rustenburg doodgeskiet. Die man sou ook na verwagting in die Marikana-saak getuig. Vier verdagtes het die man in die sjebeen genader waarna hy vier keer geskiet is, het die polisie aan eNCA bevestig. Sy naam sal nie

Lees verder: Nog ‘n Markana-getuie doodgeskiet

Kerkman met dwelms vir gevangenes betrap

‘n Wes-Kaapse pastoor is vasgetrek omdat hy na bewering dwelms probeer smokkel het by die Buffeljags-gevangenis in Swellendam. ‘n Woordvoerder vir die department van korrektiewe dienste, Simphiwe Xako, het Sondag gesê wagte het Saterdagaand dagga, Mandrax-tablette en ses pakkies tik op die pastor gekry tydens ‘n roetine-ondersoek voor hy die tronk sou binnegaan. Die predikante

Lees verder: Kerkman met dwelms vir gevangenes betrap

Die Afrikaner: ‘n nuwe optimisme

In 2005 het ek met ‘n mate van intensiteit begin om aan die politieke prosesse van die land deel te neem deur die Afrikaner se krisis te ondersoek en te beskryf. Dit was moontlik die donkerste tyd in die volk se geskiedenis. Ons val was hard en ons het gesamentlik winduit rondgestaan in die oorblyfsels

Lees verder: Die Afrikaner: ‘n nuwe optimisme