Lees verder: Alex Boraine: Scratching where it’s not itching
Propagandataktieke vir beginners
As daar een politieke wapen is wat die ANC baie goed bemeester het en waar Afrikaners van kan leer, is dit om propaganda te maak om hul beleid te verdedig. Hierdie standpunt is weliswaar oorvereenvoudig, aangesien ‘n hele klomp bykomstighede die Afrikaner se politieke rug gebreek het, maar daar is ‘n onmiskenbare element van waarheid hierin opgesluit. Die ANC het teen alle verwagtinge in die onmoontlike reggekry, hoofsaaklik omdat hulle ‘n goeie span rojaal befondste propagandiste gehad het en oor die nodige aggressie beskik het om hul idees die wêreld in te dra.

Zim staan laaste in ekonomiese klas
Zimbabwe, wat deur die verdrywing van blanke boere en politieke onenigheid gekortwiek word, was Afrika se swakste ekonomiese presteerder in 2006, terwyl Angola, dansy olie-uitvoere, die beste was. Aldus ’n VN-studie wat verlede week gepubliseer is.
Zimbabwe met al sy probleme het ’n negatiewe 4,4 persent groeikoers geregistreer, wat dit die slegs presterende ekonomie maak, volgens die VN se Ekonomiese Kommissie vir Afrika in ’n verslag wat in Addis Abeba gepubliseer is.
“Ekonomiese prestasie in Zimbabwe het negatief gebly… veral vanweë politieke probleme wat deur herhaalde droogtes vererger is,” meen die verslag.

Afrikaners moet internet beset
Afrikanerbevryding kan in die kuberruim begin en uiteindelik na die fisieke territorium van Suid-Afrika oorspoel.
Sedert ek vir die eerste keer aan die einde van 1995 ‘n internetkonneksie verkry het, volg ek die ontwikkeling van dié verskynsel met belangstelling. Nie verniet nie het Jeff Bizos, die stigter van Amazon.com, gesê dat die internet nie net die manier waarop mense sake doen nie, maar ook die politiek gaan verander.
Bizos het die idee vir ‘n internetboekwinkel (maar wat deesdae omtrent enigiets onder die son verkoop) gehad terwyl hy iewers in ‘n motor tussen San Francisco en Seattle op reis was. Met ander woorde, hy het deur werklike grondgebied "geseil" terwyl hy sy revolusionêre idee vir e-handel uitgedink het.
Vele mense is besig om die verband tussen grondgebied in die tradisionele sin en die kuberruim raak te sien. Enkele jare gelede, in November 2000 om presies te wees, het die Franse filosoof Michel Serres op besoek aan Johannesburg beweer dat die internet soortgelyk aan die Middeleeuse woud is. Serres is iemand wat al oor enigiets van Fontaine se fabels tot die wette van termodinamika en kommunikasieteorie geskryf het.

Antjie Krog se “surrogaatvader” is Lord Kitchener
Antjie Krog se jongste uitlatings oor Bok van Blerk se “De la Rey”-lied in die Mail & Guardian toon net weereens in watter mate sy die werklikheid agtergelaat het. Die feit dat sy eens op ’n tyd voorgegee het om ’n Afrikaanse digteres te wees, maar nou ’n anti-Afrikanerpropagandis geword het, kwalifiseer haar geensins om namens ons te praat of maak dat haar ekstremistiese sienings ernstig opgeneem kan word nie.

Lees verder: Antjie Krog se “surrogaatvader” is Lord Kitchener
500 miljoen dollar en geen demokrasie
Die internasionale gemeenskap is doodstil en het die afgelope 15 dae nog geen woord gerep oor die aanwending van hul skenkings, nagenoeg 500 miljoen dollar, ter bevordering van demokrasie aan die Demokratiese Republiek van die Kongo nie.
Die amptelike opposisie in dié land, gelei deur die eertydse vise-president Jean-Pierre Bemba, is vir alle praktiese doeleindes tot niet. Bemba is steeds ’n gas van die Suid-Afrikaanse ambassade in Kinshasa, waar hy sedert 22 Maart 2007 “gehuisves” word.

Die merkwaardige tog van genl J.C.G. Kemp
Generaal J.C.G. Kemp en sy 600 manskappe se tog deur die Kalahariwoestyn kan seker as een van die fassinerendste hoofstukke in ons geskiedenis beskou word.
Generaal Louis Botha se 1914-besluit om die destydse Duits-Suidwes-Afrika binne te val op bevel van die Britse regering het die gevoelens onder Afrikaners hoog laat loop. Baie mense kon hulle nie versoen met die idee om oorlog te maak saam met hulle gewese vyande teen ‘n land (Duitsland) wat hulle eintlik goed gesind was nie.

Britse sokkerboewe in Rome (videogreep)
Gevegte tussen ondersteuners van Manchester United en die Italiaanse sokkerklub Roma het uitgebreek, met die toetrede van die Italiaanse polisie.

VSA wil Mugabe afsit
Die VSA het gister vir die eerste maal openlik te kenne gegee dat hulle aktief daaraan werk om Robert Mugabe, president van Zimbabwe, te ondermyn.
Onlangs het berigte oor die aanranding van Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tvangirai, aan die hand van Mugabe se veiligheidsmagte opslae gemaak.

Iran gee geld vir Zimbabwiese propagandastasie
Zimbabwe gaan die Westerse media se propaganda-aanslag teen die regime van Robert Mugabe op ’n nuwe manier beperk, het dié land se staatsmedia Vrydag bekend gemaak.
“Ons mense word omsingel en gebombardeer deur Westerse media,” het die minister van Inligting, Sikhanyiso Ndlovu, aan die Ziana-nuusagentskap gesê.