Dankie tog dat Praag nie deelneem aan die nasiebou-twak wat Bloubulrugby alweer op ons losgelaat het nie. Die Bulle maak hulle geld uit korporatiewe kliënte se blokbesprekings en daardie ouens speel vir SEB en RA. Dis geen wonder dat die bloues nou in Soweto so lekker speel nie. Geld praat darem hard! Vanoggend was RSG
Jesus het opgestaan! Maar hoe?
Dit woel in kerklike kringe. Rapport (23 Mei 2010) lewer verslag dat “Amerikaanse teoloë ‘kom kerk in SA help red’ met debatte”, oor ondermeer die opstanding. Op die Pretoriabyeenkoms argumenteer die Amerikaners dat “Bybelskrywers se verslae oor die opstanding aan die vereistes van betroubare geskiedskrywings voldoen”. Oor die vermeende wetenskaplike benadering van die Amerikaanse fundamentaliste
Kom uhuru nader?
детямДанильченко Юрий Брониславович Харьков
Die regte Suid-Afrika
Op die vooraand van die Fifa-wêreldbeker word verskillende gesigte van Suid-Afrika voorgehou. Aan die een kant word ‘n beeld voorgehou van ‘n skoon en parate Suid-Afrika wat gereed is om die skouspel aan te bied. Groot gewag word gemaak van hoe gul die Bulle se rugby-ondersteuners in Soweto ontvang word… As veiligheidsrisiko word Suid-Afrika nou
Kaapse seeroete nie ‘n alternatief teen seerowers
Seewrowerery langs die kus van Somalië sal uitbrei na ander dele van die kontinent, tensy dringende ingrypings gemaak word om dit te stop, het Justisieminister Jeff Radebe Dinsdag gewaarsku. “As ons toelaat dat so ‘n onwettige aktiwiteit posvat in ‘n deel van Afrika, stuur ons ‘n ope uitnodiging uit om dit te versprei na
Lees verder: Kaapse seeroete nie ‘n alternatief teen seerowers
Bees in Soccer City geslag om WB te seën
‘n Bees is Dinsdag by die Soccer City-stadion geslag om die land se stadions vir die die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi te seën. Zakhele Sigcawu (70), ‘n Xhoza-krygsman van die Tshawe-stam het die bees geslag deur ‘n spies in die nek tussen die horings te gooi. “Hy is ‘n spesialis hiermee,” het Zolani Mkiva, hoof- uitvoerende beampte
Gautreinrit kos R100
‘n Rit op die Gautrein tussen Sandton en die OR Tambo Internasionale Lughawe sal R100 kos, het die maatskappye wat agter die projek is, Dinsdag bekend gemaak. ‘n Treinrit, plus ‘n busrit sal R22.50 van Sandton na Marlboro kos, van Sandton sal dit R27 na Rhodesfield wees en R24.50 van Marlboro tot Rhodesfield, sê die
Spanning tussen Koreas laai op
Noord-Korea het alle bande met Suid-Korea verbreek en het sy ryk buurland met militêre optrede gedreig as hy sou aanhou om Noord-Koreaanse gebiedswaters aan die weskus te betree, is gister bekend gemaak. Dié waarskuwing is ’n nuwe hoogtepunt in die spanning wat oplaai op die verdeelde skiereiland nadat Noord-Korea na bewering in Maart ’n torpedo
ANC-Jeugliga ontken dat hulle stad wil vandaliseer
Die ANC-jeugliga (ANCYL) se nasionale kantoor het beweringe ontken dat hulle Dullah Omar-tak beplan om Kaapstad te vandaliseer. “Noem jy jouself ‘n joernalis?” het Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, aan ‘n Sapa-verslaggewer gevra. “Hoe kan jy sulke leuens versprei?” Die jeugliga se Dullah Omar-tak het vroeër ‘n beroep op sy jong lede in die Wes-Kaap gedoen om
Lees verder: ANC-Jeugliga ontken dat hulle stad wil vandaliseer
Twee polisielede vas nadat wapens voete kry
‘n Polisieman en ‘n klerk is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n aandeel in die verdwyning van sowat 98 vuurwapens by die Nanda-polisiestasie in KwaZulu-Natal gehad het, het die polisie Dinsdag gesê. “Die adjudant-offisier en die klerk is Maandagaand in Nanda in hegtenis geneem,” het brig. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder, gesê. Die polisie het ondersoek
