Suid-Afrikaners se lewensgehalte het met die koms van demokrasie geweldig verbeter, het pres. Jacob Zuma Donderdag aan buitelandse diplomate gesê. “Ons het ons belofte nagekom om ‘n beter lewe vir almal te skep. Ons het die lewensgehalte van ons mense verbeter,” het Zuma gesê nadat hy briewe van geloofwaardigheid van ambassadeurs en hoëkommissarisse ontvang het.
Onderwyser wat Malema langs bobbejane uitstal, geskors
‘n Onderwyser by ‘n Bloemfonteinse skool is geskors ná gerugte van rassisme het RSG Donderdag berig. Die bewering teen die onderwyser, by Wilgehof Primêre Skool, is gemaak deur Craig Thiem, die pa van twee kinders, tussen die ouderdomme van 12 en 13, wat die enigste wit leerlinge by die skool is. Amptenare van die departement
Lees verder: Onderwyser wat Malema langs bobbejane uitstal, geskors
Die mite van Soweto, 1976
Soweto 1976, word voorgehou as ‘n opstand teen Afrikaans. Dit was egter die uitkristallisasie van ‘n lang proses waarin belangrike feite van wat op 16 Junie 1976 in Soweto gebeur het, sistematies uit die openbare geheue uitgewis is, terwyl ‘n kragtige mite op die asse daarvan staangemaak is: dié van ‘n heroïese opstand teen ‘n
Amcu staak vir meerderheidsvakbond-plek
Die mynwerkersvakbond AMCU sal Woensdag met ‘n beskermde staking begin, indien Lonmin hom nie tot die meerderheidsvakbond by die myn verklaar nie. Die besluit is Woensdagaand op ‘n massavergadering geneem wat deur die president van die vakbond, Joseph Mathunjwa, bygewoon is. Mthunjwa sê hulle sal Lonmin oor hulle besluit inlig, en hulle 48 uur tyd
Obama kies herdenking van 16 Junie-geweld vir SA-besoek
President Barack Obama van die VSA sal Suid-Afrika vir die eerste keer as President besoek te midde van vieringe op 16 Junie wat die opstande in Soweto herdenk. Die opstande word voorgehou as ‘n opstand teen Afrikaans as skooltaal. Die besoek vorm deel van sy drienasietoer om Amerikaanse betrekkinge met Afrika Suid van die Sahara
Lees verder: Obama kies herdenking van 16 Junie-geweld vir SA-besoek
Burgemeester vas vir dronkbestuur
Mahole Simon Mofokeng, burgemeester van Sedibeng, is in hegtenis geneem ná hy na bewering onder die invloed van drank bestuur het. Mofokeng het glo in ‘n ander motor vasgery terwyl hy ‘n hotel in Vanderbijlpark verlaat het, het The Star Donderdag berig. Mofokeng het volgens die berig Dinsdagaand agter tralies deurgebring. Brig. Neville Malila, woordvoerder
Sirië behaal belangrike oorwinning
Die slag van die belangrike Siriese grensdorp Koesar is beslis: Die Assad-regime het ‘n oorwinning oor die Al-Kaida-rebelle behaal wat intussen aangekondig het dat hulle sal onttrek. Min stede in Sirië is strategies so belangrik soos Koesar, op die grens met Libanon. Vir ‘n jaar het die rebelle beheer van die stad met sy 30.000
Kulturele selfbeskikking eerste doelwit
Flip Buys (Beeld, 4 Junie) bied ‘n onbevredigende siening van Afrikanerselfbeskikking as ” ‘n soort strategiese risikobestuursplan” aan. Die Afrikaner-geskiedenis word egter deur ‘n vryheidstrewe gekenmerk: godsdiens-, handels- en kulturele vryheid. Daar heers konsensus oor ons “foute van die verlede”: Linkse Afrikaners glo dat apartheid nooit moes bestaan het nie en regse Afrikaners meen dat
Boer se lyk in vrieskas gevind
Die lyk van ‘n boer van Queenstown is in ‘n vrieskas gevind, het die polisie in die Oos-Kaap Dinsdag gesê. Lt. kol. Pumzile Makaula het gesê die 67-jarige man se lyk is Maandag in sy winkel gevind. Die man se werknemers het bekommerd geraak toe hy nie die hek vir hulle oopgemaak het nie. Hulle
Polisie wat man doodslaan, intern verhoor
Vyf polisiebeamptes van Limpopo wat daarvan aangekla is dat hulle ‘n Nigeriese man doodgeslaan het, sal binnekort intern dissiplinêr verhoor word, het die polisie Dinsdag gesê. “Die verhoor sal binnekort begin,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê. Een van die polisiemans, Clement Tsotsane, is Dinsdag borgtog deur die Polokwane-landdroshof geweier. Hy sal Woensdag saam met die
