Die ANC-jeugliga (ANCJL) se president, Julius Malema het Saterdag gesê daar is mense wat deur die groot korporasies befonds word om jeugliga-leiers wat die nasionalisering van myne ondersteun, te verwyder. Malema, wat na berig word ‘n tweede termyn as die jeugligapresident wil hê, is ‘n dryfveer agter die beweging om Suid-Afrikaanse myne te nasionaliseer. “Hulle
Nuwe veldtog wil swart wesies laat krimp
‘n Nuwe televisie-advertensie wat hierdie maand uitgesaai sal word, wil bewustheid oor aanneming wek en sodoende die antwoord op Suid-Afrika se hoë persentasie swart weggooibabas bied. Aannemingsagentskappe en oorwerkte maatskaplike werkers sal dié nuwe platform wat deur ‘n groep bemarkers daargestel is, kan gebruik om bewustheid oor aanneming te verhoog en die voorkoms van swart
ANC klap sweep oor Jeugliga
Leiers wat uitgevang word dat hulle invloed probeer werf vir gunsteling kandidate of inmeng by die ANC-Jeugliga se verkiesingskonferensie, kan dissiplinêr verhoor word, het ‘n woordvoerder van die ANC Sondag gesê. “Ons wil nie enige inmenging in die verkiesingsproses sien of dat lede van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) met kandidaat-gunstelinge vorendag kom wat hulle
Volstruispolitiek
Gedagtes wat gereeld geopper word is dat die media gewoon vir Julius Malema moet ignoreer, en dat die media die Kabinetsmediakonferensies moet boikot omdat die woordvoerder, mnr. Jmmy Manyi, in ieder geval met ‘n bek vol tande aangesit kom. Die twee gevalle kan egter nie vergelyk word nie, en die optrede kan nie identies wees
Tolhekke: Hoe meer antwoorde, hoe meer vrae
“Hoe meer antwoorde hoe meer vrae,” was die VF Plus se reaksie na aanleiding van die minister van vervoer se antwoord op ‘n parlementêre vraag wat aandui wat die metode is waarvolgens die toltariewe bepaal is. “Die ekonomiese modelle wat deur SANRAL/SANPAB toegepas is, is die welbekende koste-voordele (cost-benefit analysis), makro-ekonomiese en mikro-ekonomiese analise,” het
Moet Suid-Afrika bekommerd wees?
Moet Suid-Afrikaners bekommerd wees vir die skynbaar nuwe e-Coli-variant wat al sowat 20 lewens in Europa geëis het, en nou reeds na die VSA versprei het? Kenners is dit nog nie eens of dit ‘n nuwe variant is of nie. Terwyl ‘n Sjinese laboratorium bevind het dis nuut, vra ander deskundiges hoe dit nuut kan
Die WaBenzi-diktatuur – waarom die demokrasie in SA misluk het
Enkele maande gelede het die Duitse kanselier, me. Angela Merkel, erken dat die multikulturele samelewing in haar land misluk het. Suid-Afrika se mislukking is egter veel erger: by ons het die demokrasie geheel en al skipbreuk gely. Pleks van liberale demokrasie, word ons tans deur ‘n WaBenzi-diktatuur geteister. Wie is die WaBenzi? Hierdie term is
Lees verder: Die WaBenzi-diktatuur – waarom die demokrasie in SA misluk het
Nigeriese babafabriek bestorm
Nigeriese polisielede het ‘n klopjag op ‘n beweerde “babaplaas” uitgevoer waar die tienermoeders gedwing is om hul pasgeborenes aan mensehandelaars te oorhandig. Twee-en-dertig swanger meisies is gered uit ‘n kraamhuis in die suidelike stad van Aba, het die polisie gesê. Die meisies, veral van skoolgaande ouderdom, is na bewering opgesluit by die Cross Foundation-kliniek sodat
Jongste Franse mode: Seksskandale
‘n Franse politikus het op nasionale TV gesê dat ‘n voormalige minster in Marrakesj in hegtenis geneem is ná hy seuns tydens ‘n orgie gemolesteer het. Dit is die derde Franse persoonlikheid wat in verband met onsedelike gedrag in die kollig beland. Die politikus voer aan dat senior beamptes die voorval toegesmeer het, maar sal
Studente vandaliseer kampus
Sestien studente van die Walter Sisulu Universiteit se Ibika-kampus in Butterworth is Donderdag in hegtenis geneem vir openbare geweld, brandstigting en vandalisme, het die polisie in die Oos-Kaap verklaar. Volgens kapt. Jackson Manatha is 10 mans en ses vroue in hegtenis geneem nadat hulle die universiteit se snoepwinkel gevandaliseer het asook ‘n veiligheidswagvertrek aan die
