Volgens kapt. Jackson Manatha is 10 mans en ses vroue in hegtenis geneem nadat hulle die universiteit se snoepwinkel gevandaliseer het asook ‘n veiligheidswagvertrek aan die brand gesteek het tydens betogings op die kampus.
Die betogings het Woensdag begin, nadat geen ooreenkoms bereik kon word tussen studente en die universiteit oor verskeie kwessies nie.
Betogende studente het ook Woensdag vyf polisievoertuie beskadig, maar niemand is in hegtenis geneem nie, het Manatha gesê.
Die 16 wat Donderdag in hegtenis geneem is, word onder meer van openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging aangekla.
Hulle sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Butterworth verskyn.
