Malema waarsku teen ondergrondse operasies

Die ANC-jeugliga (ANCJL) se president, Julius Malema het Saterdag gesê daar is mense wat deur die groot korporasies befonds word om jeugliga-leiers wat die nasionalisering van myne ondersteun, te verwyder.

Malema, wat na berig word ‘n tweede termyn as die jeugligapresident wil hê, is ‘n dryfveer agter die beweging om Suid-Afrikaanse myne te nasionaliseer.

“Hulle het gegaan na hierdie mense (groot besigheid) en gesê, gee ons geld sodat ons hierdie mense wat myne wil nasionaliseer kan verwyder,” het hy gesê.

ANCJL-lede moet bewus wees van mense wat deur groot besighede gesteun word, want hulle ondermyn die stryd, het hy gesê.

Volgens berigte in die media, sal Gautengvoorsitter, Lebogang Maile, Malema vir die presidentskap by die kongres uitdaag.

Malema het ook gesê daar is mense wat die komende konferensie in Johannesburg gaan probeer ontwrig.

“Hulle wil ‘n tussentydse leierskap tydens die konferensie verkies,” het hy gesê.

Hy het gewaarsku dat mense wat die konferensie wil ontwrig, gaan moeilikheid optel.

“Swak dissipline sal nie geduld word nie. Moenie chaoties wees nie. Ons is gereed vir mense wat anargie wil saai,” het hy gesê.

ANCJL-lede moet soortgelyke chaos soos by die vorige konferensie in Mangaung, vermy.

Malema is hartlik verwelkom deur die afgevaardigdes by die liga se provinsiale kongres by die Durbanse Stadsaal Saterdag. Hulle het slagspreuke uitgeroep wat vra vir ‘n tweede termyn.

Hulle het ook gesing “UMalema uyabuya” (Malema kom terug).

Die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal word gelei deur Malema se twee sterk bondgenote. Die jeugvleuel se provinsiale sekretaris, Bheki Mtolo en die provinsiale voorsitter, Mthandeni Dlungwana het Malema se bod vir die tweede termyn openlik ondersteun.

By die bekendstelling van Malema Saterdag, het Dlungwana gesê: “Ons sal hom weer kies”.

Malema het ook die jeug van KwaZulu-Natal geloof dat hulle vir die ANC gedurende die plaaslike regeringsverkiesings gestem het.

“Julle het die IVP vermoor,” het hy gesê.

Hy het ‘n beroep op die jeug gedoen om die leierskap van die werkersklas oor te neem, en gesê daar is ‘n gebrek aan militante leierskap.

no deposit free bonusданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae