‘St Bono’ is ‘n belastingontduiker

“St. Bono” die anti-armoede-aktivis is ‘n belastingontduiker in sy geboorteland Ierland en gaan waarskynlik by sy volgende verskyning ‘n ontnugterde skare moet trotseer.

Die rock-legende het onlangs die titel “St. Bono” gekry vir sy lang veldtog teen wêreldwye armoede.

Maar as Bono se groep U2 by Glastonbury optree later hierdie maand, gaan betogers hulle herinner dat presies dié soort mense waaroor die sanger so besorg is, deur sy suinigheid geraak word.

Lede van aktivistegroep Art Uncut sal ‘n massiewe opblaasplakkaat met die boodskap: “Bono Pay Up” uitgespel in ligte ophys tydens die Ierse groep se optrede.

Hulle sal ook bondels nagemaakte geldnote voor die sanger strooi.

‘n Woordvoerder vir Art Uncut het gesê die protes sal nie geweldadig wees nie, maar hoogs sigbaar.

Hy het gesê: “Bono is kammakastig bekommerd oor die ontwikkelende wêreld, maar U2 is gulsig besig met belastingontduiking wat verlammend uitwerk op arm lande”.

Bono is voorheen genomineer vir die Nobelprys vir Vrede en as ‘n ere-ridder deur die Britse koningin ter erkenning van sy liefdadigheidswerk en aktivisme geslaan.

Die U2-man vergader gereeld met politieke leiers namens ontwikkelende lande om die lewens van die wêreld se armes te verbeter.

цены в хорватииФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae