Nigeriese babafabriek bestorm

Nigeriese polisielede het ‘n klopjag op ‘n beweerde “babaplaas” uitgevoer waar die tienermoeders gedwing is om hul pasgeborenes aan mensehandelaars te oorhandig.

Twee-en-dertig swanger meisies is gered uit ‘n kraamhuis in die suidelike stad van Aba, het die polisie gesê.

Die meisies, veral van skoolgaande ouderdom, is na bewering opgesluit by die Cross Foundation-kliniek sodat hulle babas kon produseer. Dié babas is verkoop vir onwettige aanneming of vir gebruik in ritualistiese heksery.

Bala Hassan, die Abia-polisiekommissaris, het gesê: “Ons het die perseel van die Cross Foundation in Aba drie dae gelede bestorm ná ‘n verslag dat swanger meisies tussen die ouderdomme van 15 en 17 aangehou word om babas te maak vir die grondeienaar.

“Ons het 32 swanger dogters gered en die eienaar in hegtenis geneem.” Hassan het bygevoeg dat vier babas ook teruggevind is in die aanval.

Geoffrey Ogbonna, ‘n polisiewoordvoerder, is as volg aangehaal deur CNN: “Daar was sowat 30 swanger jong dames, die oudste was 20 jaar oud. Sommiges is in die sekondêre skool, selfs in die laerskool…”

Van die meisies wat gered is, het aan die polisie gesê dat die hospitaaleienaar hulle $192 vir pasgebore seuns en $161 vir pasgebore meisies betaal het.

Dr Hyacinth Orikara, eienaar van die Cross Foundation, sal waarskynlik op aanklagte van kindermishandeling en mensehandel verskyn, het die polisie gesê. Die koop of verkoop babas kan ‘n 14-jaar tronkstraf dra.

Orikara, wat na berig word aan ‘n universiteit studeer het en ‘n op die Abía-staat se gesondheidsdiensbestuur was, ontken die bewerings. Hy sê hy wou tieners help met ongewenste swangerskappe.

Mensehandel is die derde mees algemene misdaad in Nigerië ná finansiële bedrog en dwelmhandel. Ten minste 10 kinders word daagliks verkoop, volgens die VN. Smokkelaars word selde gevang.

центробежные насосы для воды промышленныеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae