Êrens op die web sirkuleer ‘n brief wat taamlik ongemak veroorsaak. Die brief is reeds 9 jaar gelede geskryf, was vergete, en het nou weer skielik begin sirkuleer. Dit is onderaangeheg vir diegene wat dit nog nie gelees het nie.
Aan die woord is Anne Paton, die weduwee van Alan Paton, wat wêreldwyd bekend is vir sy boek “Cry the Beloved Country”. Alan Paton was die leier van die South African Liberal Party wat eerstens gekwalifiseerde stemreg vir swart mense voorgestaan het, en later deur die Progessiewe Party vervang is. Paton se liberale getuigskrifte is onberispelik. Hy is in Natal gebore, die seun van ‘n staatsamptenaar, is geskool in Maritzburg College en University of Natal, waarna hy as ‘n onderwyser opgelei is. Paton was eers onderwyser by Ixopo High School (vir wit studente), maar word later ‘n onderwyser aan ‘n skool vir swart studente in Pietermaritzburg. In 1928 trou hy met Dorrie Francis Lusted, en sy sterf in 1967. In 1969 trou hy met sy sekretaresse, Anne Hopkins.

Lees verder: Alan Paton se nalatenskap