Mnr. Julius Malema toon duidelik geen begrip vir die Suid-Afrikaanse samelewing se ingewikkeldhede en sensitiwiteite met sy voortgesette geveg om sekere vryheidsliedere te mag sing nie. Malema het gister (26/1/2011) ‘n beroep gedoen op alle ANC-veterane en aktiviste “om hulle stem dik te maak teen pogings om vryheidsliedere te verbied”. Die Vryheidsfront Plus en ander
Maas is in een opsig reg
Deon Maas is in een opsig reg, en dit is dat Beeld koerante dmv sensasie verkoop. Hoe meer grusaam die moord op ‘n wit dogtertjie, hoe groter die kans om die hoofopskrif te haal. Rapport se uit–haar-diepte redaktrise, anders as Beeld, voer haar lesers ‘n dieet van rugby, seksskandale en bruin politieke naïwiteit. Maas en
Die media se kos
отпуск справкиАлександр Фильчаков прокурор
Wit ANC-lede sing ook saam ‘Skiet die Boer’
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het Woensdag tydens ‘n onderhoud op SAfm herhaal dat hy die hoogste hof sal nader om “Dubul’ ibhunu”, Skiet die Boer, in die openbaar te kan sing. Malema het gesê vryheidsliedere is deel van die land se geskiedenis en wetgewing moet ongetwyfeld ingespan word om dié oproep om volksmoord
Verkeerschaos by hospitaal waar Mandela lê
Verkeerschaos het Donderdagoggend buite die Milpark-hospitaal in Johannesburg uitgebreek waar oudpres. Nelson Mandela onder waarneming is na “roetine-toetse”. Ouers wat hul kinders by ‘n nabygeleë skool wou aflaai het gesukkel om parkering te vind omdat joernaliste se motors al die beskikbare plekke opgeneem het. ‘n Bestuurder wat die hospitaal se parkeerterrein wou binnegaan het sy
93% wil God in leuse behou
AfriForum Jeug het gister ‘n meningspeiling in die vorm van ‘n blitsreferendum by die Universiteit van die Vrystaat (UV) geloods om studente se insae oor die besluit van die UV-bestuur om God se naam uit hul leuse te verwyder, in te samel. Altesaam 93,2% van die respondente het aangedui dat hulle nie met hierdie besluit
Om ‘n flater met nog ‘n flater te probeer toesmeer
Afriforum het pas ‘n peiling op die UV se kampus gedoen oor die universiteitsowerhede se besluit om God uit die leuse weg te laat. Sowat 93 % van die studente, wit en swart, wat aan die peiling deelgeneem het, het aangedui dat hulle teen die besluit gekant is. Dit plaas ‘n vraagteken oor die UV-bestuur
Lees verder: Om ‘n flater met nog ‘n flater te probeer toesmeer
Wat van ‘n leuenverklikkertoets?
SARS het onlangs ‘n televisie-advertensieveldtog gehad wat wys hoe mense met ‘n leuenverklikker getoets word, en al die vrae eerlik antwoord, totdat hulle gevra word of hulle eerlik was op hulle belastingopgawes. Van die vrae wat gevra was, is onder andere of jy al ooit bedrog gepleeg het, of oneerlik was. Maar natuurlik, as die
Die morele Afrikaner
Die opstel wat hier volg is die voetstuk vir die artikel: In die naam van die Afrikaner: Vryheid en Geregtigheid. Om realisties die Afrikaner se vryheidstryd te bevorder is daar ‘n holistiese benadering nodig. Dus, met dié opvatting in gedagte laat ons begin. Dit is net so bietjie meer as ‘n 100 jaar terug dat
ANC verloor byna 40 wyke
Die ANC het die afgelope vier jaar 38 munisipale wyke verloor, en die DA het 24 wyke bygekry. Die inligting is vervat in die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings se jaarliks opname. Tussen die vorige plaaslike regeringsverkiesings in 2006 en die einde van Augustus verlede jaar het die ANC 306 wyke behou, 17 bygekry en 55
