Minstens 13 mense is Maandag beseer in arbeidsonrus by ‘n Amplatsmyn [Anglo American Platinum] in Rustenburg, het die polisie gesê. Vier van die beseerdes is veiligheidswagte wat met pangas aangeval is. Minstens vyf werkers is ook in die konflik wat tussen twee strydende vakbonde uitgebreek het, geskiet. Een van die werkers by die myn se
Onrus ontwrig Roodepoort-omgewing
Inwoners van Vlakfontein in Roodepoort aan die Wes-Rand het op loop gegaan oor dienslewering in die gebied, het die Johannesburgse metropolisie Dinsdag gewaarsku. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê inwoners betoog sedert omstreeks 04:30 en verkeer in Main Reefweg en Corlettstraat word ontwrig. “Hulle het die pad met klippe versper en brandende bande in die
Kastreer verkragters!
Mans wat skuldig bevind word op aanklagte van verkragting van vroue en kinders moet deur middel van chemiese kastrasie gestraf word, het Thandi Modise, premier van die Noordwes, gesê. Chemiese kastrasie van verkragters kan dien as ‘n afskrikmiddel en sal dalk die aantal voorvalle van verkragting verminder, het die premier se kantoor in ‘n verklaring
Petrolskok kom
‘n Ekonoom sê gebruikers kan ‘n groot skok te wagte wees wanneer petrol volgende maand na verwagting met 80 sent per liter kan styg. Lulu Krugel, ‘n ekonoom by KPMG, sê die internasionale olieprys neem toe, terwyl die rand verswak. Sy meen ‘n toename in brandstofpryse is dan onvermydelik. “… Ons kyk moontlik na ‘n
Mediamaatskappy verkoop SA-koerantgroep
‘n Ierse mediamaatskappy het sy koerantgroep in Suid-Afrika, wat The Star insluit, vir $227 miljoen (sowat R2 miljard) aan ‘n plaaslike maatskappy verkoop. In ‘n verklaring wat Sondagaand uitgereik is, het Independent News & Media PLC, wat in Dublin gebaseer is, gesê hy het sy Suid-Afrikaanse groep aan Sekunjalo Holdings verkoop. Iqbal Surve is die
Sonja Loots se anti-Afrikanervenyn
Sonja Loots het ‘n mate van bekendheid verwerf na die verskyning van haar boek, Sirkusboere (Kaapstad: Tafelberg, 2011). As so ‘n spektakel van die vernedering van enige ander Suid-Afrikaanse bevolkingsgroep gemaak sou word, sou die boek nie ‘n uitgewer gevind het nie. Die boektitel weerspieël baie duidelik Loots se afkeer van haar Afrikanervoorgeslagte. Sy het
OB gaan Capitec Bank se SEB-transaksie oopkrap
Die Openbare Beskermer (OB) het, na ‘n versoek deur die Vryheidsfront Plus, bevestig dat ‘n formele ondersoek gedoen sal word insake die swart ekonomiese bemagtigingstransaksie waardeur ‘n konsortium met noue bande met die ANC oënskynlik op ‘n onreëlmatige wyse ‘n aandeel ter waarde van nagenoeg R1 miljard in Capitec Bank bekom het. Die VF Plus
Pers het absoluut geen toegang tot Obama nie
Die Withuis-verslaggewers is opgewen van frustrasie oor die gebrek aan toegang tot President Obama, wat hierdie naweek op ‘n gholfvakansie in Florida is. Ed Henry, die Fox News-korrespondent en president van die White House Correspondents Association, het ‘n verklaring uitgereik Sondagaand waarin hy sê die pers het absoluut geen toegang tot die president nie. Obama
Minister wil regeringslui wat sake doen, vasvat
Minister van Openbare Werke Lindiwe Sisulu het voorgestel dat staatsamptenare verbied word om sake te doen met die staat. Sisulu het gesê dat dit tyd is dat staatsamptenare tussen diens in die staat en in private sektor moet kies, berig die Sunday Times. “Ek dink as ons moet die naelstring gesny, dat ons seker kan
Lees verder: Minister wil regeringslui wat sake doen, vasvat
Britse pers klim in teen ‘wit wapengeweld’ in SA
Top-kundiges is glo ingespan om Oscar Pistorius se regspan by te staan, nadat ‘n moordklag teen die gestremde atleet gebring is. Sunday Times berig dat ‘n patoloog, beeldpoetser en polisiedeskundiges die sportheld se prokureur, Kenny Oldwage, en senior advokaat, Barry Roux, sal bystaan. Volgens die koerant is die patoloog dr. Reggie Perumal deel van die
Lees verder: Britse pers klim in teen ‘wit wapengeweld’ in SA
