Amerikaanse generaal waarsku Rusland

Generaal Norton Schwartz, die volgende Amerikaanse lugmagstafhoof, het gewaarsku dat die VSA nie Russiese bomwerpers met 'n kernvermoë in Kuba sal aanvaar nie.

Hy sê dit sou beteken om 'n rooi lyn te oortree.

Die Russiese koerant Izvestia, het berig dat die Russiese lugmag gereeld langafstandbomwerpers na Kuba wil laat vlieg.

Dit was in reaksie op Amerikaanse planne om missielafweerstelsels in Oos-Europa te installeer.

Oor die afgelope jaar het Rusland langafstand- strategiese bomwerperpatrollies in die Stille en Noord-Atlantiese oseane geheraktiveer.

Soortgelyke omstandighede het gedurende die 1962-Kubaanse missielkrisis geheers.

промышленные подвесные светильники для ламп накаливанияОлександр Фільчаков прокурор

Singapoer wil handel in niere wettig

Singapoer oorweeg dit om die handel in niere te wettig.

Die land se gesondheidsminister Khaw Boen Wan het Maandag gesê dit sal help om aan die vraag vir oorplantings te voldoen.

Hulle het die praktiese aspekte ondersoek om onverwante skenkers te betaal om die aanbod van niere te verhoog.

Die voorstel het debat ontketen, ook internasionaal.

Maar die minister het gesê mense moenie net die idee verwerp omdat dit radikaal of omstrede is nie.

Khaw het ook gesê die Gesondheidsministerie sal die ouderdomsperk vir skenkers, wat tans 60 jaar is, verhoog.

pearl jewellery fortopcargo отзыв

AU vra uitstel vir klag teen Soedanese president

ImageDie Afrika-unie sal die Veiligheidsraad vra om enige optrede vir 'n jaar uit te stel na aanleiding van die lasbrief vir die inhegtenisname van president omar al-Bashir van Soedan
Die Afrika-unie se Vrede en veiligheidsraad het gister 'n noodvergadering gehou om die internasionale strafhof se skuif te bespreek.

Die IS het 'n lasbrief uitgereik om al-Bashir op aanklagte van volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Darfoer in hegtenis te neem.

Onder artikel 16 van sy statute laat die hof toe dat die VN-veiligheidsraad 'n besluit kan uitstel of 'n ondersoek of vervolging kan opskort vir 'n jaar lank.

протезирование зубов форумДанильченео

Die VSA en Iran gaan diplomatieke verhoudinge instel

Die VSA wil vir die eerste keer in 30 jaar 'n diplomatieke teenwoordigheid in Teheran vestig.

'n Aankondiging oor president Bush se dramatiese ommekeer sal in die volgende maand gemaak word.

Die skuif sal veroorsaak dat Amerikaanse diplomate in die land gestasioneer sal word.

Die Withuis het ook vandeesweek aangekondig dat William Burns, 'n senior amptenaar in die departement van buitelandse sake, samesprekings met Iranese amptenare oor die kernkwessie gaan voer, hoewel die VSA herhaaldelik van regstreekse onderhandelings weggeskram het.

President Mammoed Ahmadinejad het gesê dat Iran enige versoek om diplomatieke verhoudinge te verstewig gunstig sal oorweeg.

купить джинсы мальчика 9 леттопкарго отзыв

Rusland en China kom ooreen oor grense

Rusland en China het formeel hul 4300 km-lange grens getrek.

Die ooreenkoms word gesien as 'n beduidende stap in die rigting van vriendskaplike verhoudinge tussen die twee groot militêre moondhede.

Die ooreenkoms stel die status van vier eilande in die Amur-rivier vas, 'n kwessie wat al voorheen 'n kort oorlog in 1969 ontketen het.

Rusland se buitelandse minister het gesê die ooreenkoms skep die voorwaardes vir stabiliteit, vriendskap en welvaart.

Ontleders in Washington meen dat wanneer Rusland in terme van militêre bedreigings dink, sy nie aan China dink nie maar aan Navo.

Die twee kante het 'n veiligheidsooreenkoms in 2001 geteken maar het nie oorgegaan tot 'n volledige militêre alliansie nie. In 2005 het die twee lande wel gesamentlike militêre oefeninge in China gehou.

детские кроватки купить киевДанильченко Юрий Харьков

Plantentstof teen kanker ontwikkel

Navorsers by die Stanford-mediese sentrum in die VSA het 'n plantgegronde entstof teen kanker ontwikkel.

Die revolusionêre entstof is in staat om die ligaam se immuunreaksie aan die gang te sit en kan vir 'n spesifikie tumortipe aangepas word.

Indien die immuunreaksie voldoende is, sal dit 'n manier wees om die dodelike siekte sonder newe-effekte te behandel, het die senior outeur Ronald Levy gesê.

Indien die immuunstelsel gestimuleer word, kan dit kanker aanval en doodmaak.

Die proses het reeds kanker in muise suksesvol genees.

casino on the netтопкарго отзыв

Franse koerante toets digitale nuusblad

ImageSewe Franse koerante het met die grootste Franse telekommunikasiemaatskappy saamgespan om 'n elektroniese nuustoestel te toets.

Die eksperiment staan bekend as Read & Go en 120 mense in Frankryk is van 'n elektroniesepapiertoestel voorsien.

France Télécom is nie die eerste maatskappy wat koerante op elektroniese papier plaas nie.
Die Kindle, 'n toestel wat deur die aanlynboekwinkel Amazon in die VSA verkoop word, laat lesers toe om 19 koerante van regoor die wêreld daarop af te laai.

Kindle sal binnekort ook buite Amerika beskikbaar wees.

Maar Read & Go sal anders as die Kindle en soortgelyke elektroniese koerantprojekte wees. Dit sal advertensies bevat.

win money online for free ukФильчаков прокурор отзывы

Condoleezza Rice wens Obama geluk

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleezza Rice het Obama gelukgewens met sy merkwaardige prestasie om die eerste swart presidentskanidaat te word. Volgens haar toon dit dat die VSA ver gevorder het.

Rice is die tweede swart persoon om haar pos te beklee. Colin Powell was die eerste.

Sy het egter ook laat blyk dat sy nie vir die pos van visepresident woorweeg wil word as haar termyn onder George W Bush verstryk nie. Blykbaar wil sy na Kalifornië terugkeer om 'n boek oor Amerika se buitelandse beleid te skryf.

детский инет магазинФильчаков прокурор харьков

Vigs is in jou gene

Dis in jou gene.

Nuwe bevindings verklaar waarom Vigs Afrika harder as ander wêrelddele getref het.

Navorsers sê 'n geenvariant wat duisende jare na vore gekom het om swartes teen malaria te beskerm moontlik hul kwesbaarheid vir MIV verhoog het.

Mense met die geen het 'n 40 persent hoër risiko om met MIV besmet te word, beweer die tydskrif Cell Host & Microbe.

Die geenvariant mag 11 persent van MIV-besmettings in Afrika verklaar.
Seksuele en kulturele gedrag alleen kan nie verklaar waarom meer as tweederdes van MIV-besmette in Afrika suid van die Sahara woon nie.

управление парусной яхтой в одиночкуФильчаков Харьков

Geen vuurwapens dankie, ons verkies messe

Brittanje het gister die eerste uitvoerige statistieke ooit oor mesmisdade gepubliseer.

Kommer in die land neem toe vanweë die aantal tieners wat met wapens gedood word.

Die polisie in Engeland en Wallis het verlede jaar 22 151 oortredings wat met messe gepleeg is, opgeteken.

Die hoogste aantal is in die kosmopolitiese Londen opgeteken.

Die nasionale gesondheidsdiensinligtingsentr

um sê daar was  verlede jaar 'n 32-persentstyging in die aantal pasiënte wat vir steekwonde behandel is.

цена ремонта квартиры за квадратный метрАлександр Фильчаков Васильевич