Twee polisiebeamptes is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle met koperkabels wat na bewering gesteel is, betrap is het OFM berig. Polisiewoordvoerder Thulani Ngubane het gesê die twee beamptes is in Stilfontein naby Klerksdorp in hegtenis geneem. Solomon Nkoe en Johan Dunhin het glo 28,4 kilogram koperkabel aan ‘n skrootwerf verkoop. Die eienaar van
Eis teen Transnet namens pensioenarisse
‘n Jare-lange stryd wat die Vryheidsfront Plus (VF Plus) namens pensioenarisse van Transnet voer om vergoed te word vir skade wat lede van die pensioenfondse oor die laaste twintig jaar gely het weens vermeende wanadministrasie van die fondse, het nou gelei tot die indien van die grootste siviele eis in Suid-Afrika se regsgeskiedenis teen Transnet
Bedreiging vir eiendomsreg
‘n Wet wat sal toelaat dat die staat op privaateiendom beslag kan lê is nader as wat talle besef. Môre is die sperdatum vir openbare kommentaar op die Wetsontwerp op Onteiening, wat aan die minister van Openbare Werke verreikende magte gee om privaateiendom te onteien. Dit mag wissel van huise tot sakepersele, en selfs aandele
De Lille ontken bewering oor baantjies vir boeties
Die ANC het die openbare beskermer gevra om die aanstelling van ‘n vertroueling van die burgemeester Patricia de Lille te ondersoek nadat dié ‘n pos in Kaapstad se administrasie bekom het wat ‘n yslike salaris betaal. Die ANC-leier in die metroraad, Tony Ehrenreich het ook geskryf aan die SA Vereniging vir Plaaslike Regering, die minister
Lees verder: De Lille ontken bewering oor baantjies vir boeties
Zille pas skadebeheer toe oor omstrede plakkaat
Helen Zille, DA-leier, het Saterdag op ‘n Vryheidsdag-saamtrek in Inanda, KwaZulu-Natal probeer om skadebeheer toe te pas na ‘n onlangse omstrede DA-plakkaat. Die DA wil swart stemme trek vir die 2014-verkiesing, en dié plakkaat het swart kiesers oortuig dat die DA apartheid wil terugbring. “Demokrasie is oor die vryheid van keuse; die vryheid om van
Lees verder: Zille pas skadebeheer toe oor omstrede plakkaat
Duisende daag op vir Vryheidsparkvieringe
Duisende mense het die jaarlikse herdenking van Vryheidsdag in Pretoria bygewoon ten spyte van die hitte. Pres. Jacob Zuma het in ‘n wit tent langs adj.pres. Kgalema Motlanthe, hoofregter Mogoeng Mogoeng en Max Sisulu, speaker van die parlement, gesit. Zuma kort ná 12:00 ‘n toespraak gelewer. Die president het later Saterdag nasionale ordes aan verskeie
Die US het lankal die laer verlaat
In Die Burger (25 April, p 10) het Elsabé Brits berig oor ‘n mensskedel, ‘n stel glasoë en ‘n haarkleurkaart wat na bewering voorheen in die ontbinde departement volkekunde van die Universiteit Stellenbosch (US) was. Die skedel is glo “van ‘n vrou van gemengde herkoms.” Ons weet dat dit in die nuwe Suid-Afrika heiligskennis is
Ounuweland: onderweg na ‘n Afrikaanse toekoms
Op skool by die atletiekbyeenkomste – ek was op Helpmekaar – het ons altyd gesing: “Dis lekker om ‘n Helpie te is, te is.” Dis natuurlik nie korrekte Afrikaans nie, maar daardie “is” klink soveel sterker as “wees”. Net so sou ‘n mens kon sing: “Dis lekker om ‘n Afrikaner te is!” Terwyl die mengelmoes
Russel Botman oor skuld en hoop
Ons leef in ‘n tyd waarin bevrydingsteoloë vergoed word vir die meesal nadelige gevolge wat hulle politieke dade het. Aan Desmond Tutu is onlangs die Templeton-prys ter waarde van $1.7 miljoen toegeken. Die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), Russel Botman, het pas die Abraham Kuyper-prys vir uitnemendheid in gereformeerde teologie en openbare lewe aan
ANC grawe in vir 2014
Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe het Mamphela Ramphele se stelling dat die kiesers nie deur vrees gelei moet word nie verwerp. “Ek wil nie met Mamphela praat nie want sy is aan die stuur van ‘n politieke party wat sy probeer om op te rig. Ek gaan haar nie help om dit te bou
