Wie se maatjie is jy?

Die 15 jaar gevangenisstraf wat oud-polisiekommissaris Jackie Selebi opgelê is word wyd verwelkom. Die afloop van die hofsaak laat egter ook vrae ontstaan: Sou Selebi ooit tereggestaan het as hy uit die Mbeki-kamp na die Zuma-kamp gedros het? Dit is reeds algemene kennis dat oud-pres. Thabo Mbeki besonder stram was om Selebi te laat vervolg,

Lees verder: Wie se maatjie is jy?

Studente kla oor rassisme van UV

Die Vryheidsfront Plus-jeugleier, Jan van Niekerk, het vandag in ‘n brief aan mnr. Rudi Buys, Studentedekaan aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), die VF Plus se misnoeë met die UV se hantering van rassekwessies uitgespreek en sekere eise aan die UV gestel. In die brief spreek die VF Plus hul misnoeë met die hantering

Lees verder: Studente kla oor rassisme van UV

Dis ‘n wit regstelsel sê Selebi se broer

Jackie Selebi is Dinsdag 15 jaar tronkstraf opgelê, nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy ‘n korrupte verhouding met die dwelmbaas Glenn Agliotti gehad het.   Selebi broer, Suleiman Selebi, het buite die hooggeregshof in Johannesburg gesê regter Meyer Joffe is ‘n “apartheidsregter” wat sy broer in ‘n “apartheidshof” skuldig bevind het volgens ‘n

Lees verder: Dis ‘n wit regstelsel sê Selebi se broer

BP-olielek grootste ooit

BP het Dinsdag toerusting getoets wat die beskadigde olieput in die Golf van Mexiko permanent kan verseël. Terwyl ingenieurs besig was om die laaste tegniese probleme voor die operasie op te los, het hersiene syfers van die Amerikaanse regering getoon dat sowat 5 miljoen vate olie uitgesek het voordat die olieput in die middel van

Lees verder: BP-olielek grootste ooit

Selebi-vonnis verwelkom

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die vonnis van 15 jaar vir Jackie Selebi. Die vonnis stuur ‘n sterk boodskap en dien as waarskuwing aan amptenare, selfs in die hoogste pos, dat korrupsie gestraf sal word. Die skuldigbevinding en vonnis van Selebi bly steeds ‘n verleentheid en skaad die beeld van Suid-Afrika. Dit is ook ‘n verleentheid

Lees verder: Selebi-vonnis verwelkom

Na die hel met wittes, sê Bob

President Robert Mugabe van Zimbabwe het Europeërs en Amerikaners Sondag tot die hel verdoem.  Hy het op die staatsbegrafnis van sy suster, Sabina Mugabe, 80, in die helde-akker net buite die hoofstad gepraat. “Ons sê na die hel, hel, hel met hulle. Hulle (Europa en die VSA) sal nie vir ons besluit wie Zimbabwe lei

Lees verder: Na die hel met wittes, sê Bob

Tweede ontgroeningsvideo maak opslae op Kovsie-kampus

‘n Tweede ontgroeningsvideo het aan die Universiteit van die Vrystaat opgeduik, hierdie keer met wit studente as die “slagoffers”. Dit toon vier wit studente by die oorwegend swart Villa Bravado-manskoshuis op wie water gegooi word. Hulle word aangesê om op een been te staan en later as vloerlappe deur swart studente op die vloer rondgetrek.

Lees verder: Tweede ontgroeningsvideo maak opslae op Kovsie-kampus