Die VN-menseregtekommissie sê die Verenigde Koninkryk moet dit oorweeg om 'n referendum te hou oor die wenslikheid, aldan nie, van 'n geskrewe grondwet, verkieslik 'n republikeinse grondwet.
Paleisbeamptes het hul verbasing oor die opmerking uitgespreek.
Hulle sê dat die Britse koningin die fokus van nasionale eenheid, identiteit en trots is.
Die koninklike kommentator Robert Lacy sê die VN-aanbeveling toon 'n volslae gebrek aan begrip vir die Britse stelsel, omdat die parlement te eniger die wet kan verander en die monargie kan afskaf.
'n Referendum is nie nodig om van die koningin ontslae te raak nie.

In die ontwikkelende wêreld wag mense vir die koms van selfoonbankwese of m-bankwese, om te vergoed vir die volslae gebrek aan takke in landelike gebiede
'n Hip-hop-groep wat bekend staan as ZooNation sal Brittanje en Londen se nasionale identiteit uitbeeld tydens die sluitingseremonie van die Olimpiese spele in Beijing. Die volgende gasheerstad vir Spele kry gewoonlik agt minute om 'n konsert gedurende die sluitingseremonie aan te bied.