Om ‘n sinvolle debat oor grond in Suid-Afrika te voer, en veral oor ‘n onderwerp soos die 1913-Wet op Naturellegrond wat vandag in die parlement bespreek is, moet alle feite belig word en nie net die wat sekere agendas pas nie. Dit kan ook net sin en betekenis hê indien toekomslesse daaruit geneem word. Dr.
3D-gedrukte kos, die toekoms
Die konsep van 3D-gedrukte kos is moeilik om te sluk, maar tegnologie kan die manier waarop ons kook rewolusionêr verander. In 2009, het Philips Design ‘n visie van die toekoms met ‘n konseptuele kosdrukker gehad wat ‘n perfek gebalanseerde maaltyd produseer met die druk van ‘n paar knoppies. Deel van ‘n navorsingsprojek wat kyk na
ANC wil grondhervorming versnel, maar ignoreer plaasmoorde
Die ANC wil grondhervorming versnel maar weier om die rasse-element in plaasmoorde te erken. Die Direkteur-Generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervoming, Mdu Shabane, sê die grootste struikelblok in die regstel van historiese ongeregtighede is die stadige proses van grondhervorming. Shabane sê dit is beslis nie net die regering se skuld nie, maar
Lees verder: ANC wil grondhervorming versnel, maar ignoreer plaasmoorde
Nuwe rekord vir sterk vrou
Met alle mag het Madelyn Prinsloo van Pretoria bewys dat sy moontlik die heel sterkste vrou in Suid-Afrika mag wees. Prinsloo het verlede Saterdag by die Grey Owl-winkelsentrum in Centurion gepoog om ‘n dubbel-as Mercedes Benz voorhakkertrok oor ‘n afstand van 20m te sleep asook ‘n 150kg buiteband 30 keer om te dop. “Ons het
Vyf vas vir openbare geweld in Kaapstad
Vyf mense is tydens ‘n betoging in Wallacedene, Kraaifontein, Kaapstad in hegtenis geneem vir openbare geweld, het die polisie in die Wes-Kaap Donderdag gesê. “Gister [Woensdag] is ons in kennis gestel dat inwoners in die gebied betoog oor behuisingsprobleme. As deel van die betoging het hulle bande gebrand,” het kol. Thembinkosi Kinana gesê. Die polisie
Polisieteenwoordigheid opgeskerp vir Malema-verskyning
Polisievoertuie staan buite die Polokwane-landdroshof, waar Julius Malema en vier ander mense Donderdagoggend verskyn. Omstreeks 07:15 is twee polisie-njalas en ten minste 10 motors buite die hof opgemerk. Die vyf verskyn op aanklagte van ondermeer bedrog, geldwassery en rampokkery. Die hof sal na verwagting Donderdag ‘n verhoordatum vasstel. Malema en die vier ander beskuldigdes sal
Lees verder: Polisieteenwoordigheid opgeskerp vir Malema-verskyning
VSA waarsku oor SA se misdaad
Die Verenigde State het ‘n misdaadwaarskuwing elk vir Pretoria, Johannesburg, Durban en Kaapstad uitgereik, berig The New Age. Die Amerikaanse staatsdepartement se buro vir diplomatieke veiligheid het die waarskuwing in ‘n dokument vrygestel. “Gewelddadige en konfronterende misdaad is ‘n groot bekommernis in Suid-Afrika. Die soort misdade sluit in huisroof, inbrake, kapings, straatrooftogte, grypdiefstal, georganiseerde aanvalle
Twee van Denel in Mogadisjoe in aanval dood
Twee Suid-Afrikaners wat vir die wapenvervaardiger Denel werk is Woensdag in ‘n aanval in Somalië dood, het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. “Ek kan bevestig dat twee van ons werknemers in die aanval op die Verenigde Nasies in Somalië dood is, het ‘n woordvoerder vir Denel, Vuyelwa Qinga, gesê. Die oorledenes se name is
ANC-konsortium gebruik staatsdienspensioenfonds om Independent-nuusgroep mee te koop
Die regering het in antwoord op ‘n geskrewe vraag van die Vryheidsfront Plus erken dat geld van die pensioenfonds vir staatsdienswerkers wel gebruik gaan word om te belê in die Independent News & Media-groep wie se Suid-Afrikaanse beleggings deur die ANC-georiënteerde konsortium Sekunjalo Independent Media gekoop is. Dit beteken in effek dat die ANC met
Lees verder: ANC-konsortium gebruik staatsdienspensioenfonds om Independent-nuusgroep mee te koop
Boer van Cradock in plaasaanval doodgesteek
‘n Bejaarde boer van Cradock, Louis Traut (80), is Sondagaand in ‘n plaasaanval op sy plaas Doornkop tussen Cradock en Hofmeyr vermoor. Sy vrou en twee dogters is aangerand in die aanval, berig Volksblad. ‘n Polisiewoordvoerder,sê Traut (80) is vermoor en sy vrou, Coleen (48), en dogters, Mariska (45) en Louisa (50), het steek- en
