Kinderhekse se wrede lot

ImageIn die klein delta-staat Akwa Ibom, het die spanning en armoede ‘n geleentheid geskep vir ‘n nuwe verskriklike verskynsel wat lei tot die mishandeling en moord op honderde, selfs duisende kinders. Dit alles geskied in die naam van Christendom.

Amper almal daar gaan kerk toe. En met so baie kerke is dit ‘n mededingende mark, maar ook ‘n winsgewende een, volgens plaaslike standaarde.

Maar ‘n situasie wat uitgebuit kan word het nou toegeneem tot iets baie meer onheilspellends met predikers wat hulle aandag op kinders vestig – en hulle as hekse uitwys. In ‘n toestand van verlammende vrees draai ouers en hele dorpies teen die kinders. Hulle word verbrand, vergiftig, gesny, aan bome vasgeketting, lewendig begrawe, geslaan en in die bosse ingejaag.  

Sommige ouers skraap egter die groot bedrae geld bymekaar vir bevryding – soms soveel as drie of vier maande se salaris vir die gemiddelde werkende persoon – alhoewel die pastoor sal verduidelik dat die heks mag terugkeer en ‘n 2de bevryding dalk nodig mag wees. Selfs indien die ouers die kind wil hou, kan die bure die kind in die straat aanval.

Dit is nie net in ‘n paar gevalle nie. Dit word baie algemeen. In Esit Eket, aan die punt van ‘n naamlose sementpaadjie met slaggate en poele water is ‘n sementhut, wat tot teen die balke toe vol is met rowwe stapelbeddens.

Hierso slaap drie kinders op een bed soos batteryhoenders, die kinderslagoffers van die pastore in hulle pakke, en hul ure lange laatnagdienste. Verban en verlate; hierdie is die kinders wat deur die hele gemeenskap as hekse beskou word.

Mary Sudnad, 10, trek ‘n gesig terwyl haar hare in mieliepitlyne gevleg word deur Agnes, 11, maar die kopvel net bo haar voorkop is kaal en vol blase. Mary vertel haar storie vinnig, staccato, terwyl sy na die grond staar.

“My jongste broer is dood. Die pastoor het vir my ma vertel dit is omdat ek ‘n heks was. Drie mans het na die huis toe gekom. My ma het die huis verlaat. Sy het die mans daar gelos. Hulle het my geslaan.” Sy druk haar vuisies onder haar ken om te wys hoe haar pa gelê het, uitgestrek op sy maag op die vloer van hulle hut, om te kyk. Ná die pak slae was daar ‘n tog na die kerk toe vir die “bevryding”.

‘n Dag later moes sy saam met haar ma gaan loop in die bos. Hulle het giftige “asiri-bessies” gepluk wat haar ma in ‘n brousel gemaak het en in Mary se keel af geforseer het. As dit haar nie sou doodmaak nie, het haar ma gewaarsku, sou sy gehang word met doringdraad. Uiteindelik het haar ma kookwater en wassoda oor haar kop en liggaam gegooi en haar pa het sy gillende dogter in ‘n veld gaan gooi. Wisselend tussen bewusteloos en wakker het sy vir ‘n lang tyd naby die huis gewag voordat sy uiteindelik die bosse in verdwyn het. Mary was maar 7 jaar oud. Sy sê dat sy steeds nie veilig voel nie. Sy sê: “My ma is nie lief vir my nie.” Ná die gesprek rol ‘n traan van haar mooi gesig af.

Alhoewel die ou stamgeloof in toordokters nie so sterk gewortel is in die mense se geheue nie, en hoewel daar inheemse Christene was in Nigerië sedert die 19de eeu, is dit Amerikaanse en Skotse Pinkster- en Evangeliese-sendelinge van die afgelope 50 jaar wat die fanatiese geloof laat posvat het.

Bose geeste, duiwelsbesetenheid en wonderwerke kan oral in die Bybel gevind word. Verwysings na die doodmaak van hekse kan gesien word in Eksodus, Deuteronomium en Galasiërs, en die letterlike interpretasie van die Bybel het sulke episodes groot gunstelinge gemaak onder die skares wat die kerke besoek.

баня из срубаtopcargo кидалы

Noorwe? skort hulp aan Madagaskar op

Noorweë het Donderdag gesê dat 'n verbod op verdere hulp aan Madagaskar wat vroeër die week ingestel is in plek sal bly onder die nuwe regering van president Andry Rajoelina, wie se amp nie internasionaal aanvaar word nie.

Noorweë, wat jaarliks 90 miljoen krone se hulp aan Madagaskar gee blyk die enigste land te wees wat die opskorting van hulp geld aangekondig het, ten spyte van ander se dreigemente gedurende Madagaskar se politieke krisis.

автомойку высокогоФильчаков Харьков

Frankryk deur nuwe vlaag stakings getref

Image‘n Nuwe vlaag landwye stakings deur woedende werkers wat eis dat president Sarkozy meer doen om die ekonomiese krisis te bestry, het Frankryk Donderdag getref.

Spoorvervoer deur Frankryk is ontwrig, hoewel die hoëspoed TGV-treine wat Frankryk met ander Europese nasies verbind normaal loop. In Parys blyk dit dat baie mense net by die huis gebly het aangesien verkeer op die moltreine gedurende spitsverkeer heelwat minder beknop was al gewoonweg.

Skole, hospitale en die posdiens is ook geraak. Parys se polisie het twee roetes uitgelê deur die hoofstad, in plek van die normale een, vir die skares wat verwag word in ‘n protesmars wat na verwagting vroeg die middag sal begin. Unies het ‘n beroep gedoen op werknemers in die openbare en privaatsektore om aan te sluit by die stakings.

Die ongewone besluit is geneem om die oorvloed van optoggangers te hanteer van die Place de la Republique af na die Place de la Nation in oostelike Parys.

“Die opmars is wettig en nuttig vir die land. Miskien sal die owerhede as gevolg van die betoging besluit om te reageer op die goed wat vir die Franse belangrik is,” het die voormalige sosialiste presidentskandidaat Segolene Royal Donderdag op RTL radio gesê.

‘n Staking laat in Januarie het tussen 1 en 2 miljoen mense in die strate van Frankryk gehad. Weke later het President Sarkozy maatreëls aangekondig om mense te help wat deur die finansiële krisis geraak word, insluitend spesiale bonusse vir die behoeftiges. Vakunieleiers wil verdere onderhandelings hê om meer maatreëls in plek te kry om dié te help wat sukkel as gevolg van die krisis.

Sarkozy het aan ministers tydens ‘n kabinetsvergadering Woensdag gesê dat hy “die kommer van die Franse verstaan”, maar hy het gesê dat hy geen verdere planne het vir addisionele maatreëls nie.

Die begrotingsminister Eric Woerth het gesê dit wat reeds aangekondig is sal maatskaplike uitgawes in 2009 met byna $13 miljard verhoog.

Volgens die baie sterk CGT-unie word sowat 200 protesmarse beplan vir Donderdag en Vrydag in Frankryk. Die unie het lede in verskeie sektore van die ekonomie.

гостиная с каминомпрокурор Фильчаков

Resessie laat Amerikaners visvang

ImageTerwyl Amerikaners duur vakansies, etes en inkopie-uitstappies verminder, verkies baie om die rustige tydverdryf van visvang weer aan te pak, volgens die sporthengelindustrie en verslae van aaswinkels en hengelaars.

Van die ysige noorde tot vlieghengelstrome in Texas, is hengel aan die toeneem. Vir families is dit ‘n goedkoop manier om uit te kom. Die met ‘n slag vir die tydverdryf kan die kosrekening laat krimp en vir die wat onlangs uit hul werk is, is dit iets om te doen.

“Ek sien baie meer hengelaars hier,” het John Miller, eienaar van Bob’s Sport & Tackle in Katonah, New York gesê. “Met die ekonomie wat so sleg is, en mense wat hulle werk verloor en nie by die huis wil sit en niks doen nie.”

“Die goedkoper alternatief is om te gaan visvang,” het hy gesê.

In ‘n vorige resessie in Amerika van 2001 tot 2002, het uitgawes op hengelgerei met 12% gestyg tot $343 miljoen, volgens die National Sporting Goods Association (NSGA), ‘n handelsliggaam wat rekord hou van hoeveel mense op sportgoedere spandeer.

Wanneer mens die koste van visstokke, hengelgereikaste, aas, lyne en ander toerusting inreken, is hengel as ontspanning in Amerika ‘n $2,2 miljard industrie, volgens die vereniging se data.

Sportnetwerk ESPN het 44 bladsye bygesit in hulle “Bassmaster” tydskrif, op versoek van verskaffers van bote en toerusting wat wil adverteer.

In Texas het die verkoop van vislisensies heelwat toegeneem in onlangse maande, het Tom Harvey, ‘n woordvoeder vir die Texas Parke en Wildlewe departement gesê.

In Lewisville, Dallas, sê Mike Hamilton, ‘n 47-jarige vlieghengelaar dat die visvang iets is wat hy kan doen sonder om baie geld te spandeer.

“Ek glo nie daaraan om baie geld te spandeer op my tydverdryf nie,” het hy gesê terwyl hy in die stroom staan met die vliegstok in die hand.

Alan James Nute, eienaar van A.J.’s Bait & Tackle shop het gesê die verkoop van aas is 25% hoër die seisoen.

Een van die redes hoekom meer mense  visvang is omdat dit nog lekker goedkoop is, amper enige iemand kan dit doen.

“Sommige mense se werkure is verkort en nou het hulle naweke vry. Of hulle het hulle werk verloor en het niks ander om te doen nie,” het hy gesê.

In 2007, toe die Amerikaanse ekonomie begin terugsak het, het die spandering op visstokke en katrolle ‘n 10 jaar hoogtepunt van $356 miljoen bereik, het die NSGA gesê. Data vir verlede jaar is nog nie beskikbaar nie.

John Konz, 65, wat werk by ‘n watersuiweringsaanleg in Texas het gesê die lae koste is een van die goed wat hom na die sport aangetrek het. Hy het sy vliegstok gereed gemaak het op die bank van ‘n forelstroom wat $5 per dag kos om by te gaan visvang.

“Wat anders kan mens doen wat jou net $5 per dag gaan kos?” het hy gevra. “Mens kan nie verkeerd gaan met visvang nie.”

что лучше ультразвуковая чистка зубов или air flowФильчаков прокуратура харьков

Federale reserwebank wil nog triljoen dollar in ekonomie pomp

Die Amerikaanse federale reserwebank het Woensdag sy pogings opgeskerp om die ekonomie te ondersteun, en aangekondig dat dit ‘n ekstra $1 triljoen in die finansiële sisteem gaan inpomp.

Na die bank reeds die sleutelrentekoers wat deur hom beheer word tot amper nul persent afgebring het, het die sentrale bank toenemend na alternatiewe gekyk om meer dollars in die ekonomie in te pomp, ‘n taktiek wat daarop neerkom om groot bedrae geld te skep uit niks. Maar Woensdag se skuif was die grootste nog, wat amper dubbel die federale bank se pogings is van die laaste jaar.

Die idee is om meer ekonomiese aktiwiteit aan te moedig deur rentekoerse te verlaag, insluitend dié op huislenings, en om die finansiële sisteem te help terwyl dit sukkel onder die las van slegte lenings en swak beleggings.

тамбов маслосменноеФільчаков Олександр Васильович

Genetiesgemanipuleerde muskiete kan malaria uitroei

ImageDie stryd teen malaria kan uiteindelik verander word deur geneties veranderde muskiete wat nie die siekte kan oordra nie vry te laat in malariagebiede.

Wetenskaplikes in Amerika het ‘n spesie muskiete geskep wat weerstandig is teen die malaria besmetting. Die vermoë om die besmetting te blokkeer maak dit moontlik dat dit die dominante muskietbevolking kan word indien dit in die natuur vrygelaat sou word.

Die bevindinge bied die sterkste tekens nog dat gemanipuleerde muskiete wat bestand is teen die parasiet, kan help om ‘n siekte onder beheer te bring wat jaarliks op tot 2,7 miljoen lewens eis, hoofsaaklik in Afrika. Malaria besmet tussen 300 en 500 miljoen mense elke jaar. Net MIV/Vigs veroorsaak meer sterftes.

Groot hoeveelhede van die geneties veranderde muskiete sal vrygelaat word in gebiede waar malaria algemeen is, waar hulle sal inteel met die wilde muskiete. Na verskeie geslagte behoort die weerstandigheid (teen malaria) te versprei deur die muskiet bevolking, sodat minder insekte malaria versprei.

Die benadering kan egter kontroversieel wees onder omgewingsgroepe omdat dit die oorneem van natuurlike insekte  behels deur ‘n geneties veranderde variant.

Kritici argumenteer dat dit moeilik sal wees om die effekte van die bekendstelling van nuwe gene te bepaal.

Selfs die wetenskaplikes aanvaar dat verdere navorsing nodig is voor geneties veranderde insekte in die natuur vrygelaat kan word.

современный дизайн гостинной с каминомтопкарго отзыв

Rusland gaan herbewapen

President Dmitri A. Medvedev het Dinsdag gesê dat Rusland met ‘n “grootskaalse herbewapening” gaan begin in 2011 in reaksie op wat hy beskryf as bedreigings vir die land se sekuriteit.

In ’n toespraak voor generaals in Moskou, het mnr. Medvedev NAVO se houding as die primêre rede gegee vir die versterking van die weermag, insluitend kernwapens.

Mnr. Medvedev het nie spesifieke besonderhede gegee oor hoe die begroting sal toeneem vir die weermag nie, laasgenoemde se vermoë het heelwat afgeneem na die val van die Sowjet-Unie.

Rusland het militêre uitgawes heelwat toegeneem in die onlangse jare, maar met die finansiële krisis en die daling in die olieprys is die land se finansies onder druk, wat voorspel dat dit moeilik gaan wees om uitgawes vir die weermag sondermeer  te vergroot.

Mnr. Medvedev se tydsberekening is egter goed. Daar word verwag dat hy sy eerste vergadering sal hou met president Barack Obama vroeg in April, in dieselfde tyd as die vergaderings van die G20, ‘n groep industriële en ontwikkelende lande.

“ ‘n Analise van die militêr-politiese situasie in die wêreld toon dat daar ‘n klomp streke is waar ernstige potensiaal vir konflik steeds bestaan,” het mnr. Medvedev gesê. “Bedreigings wat plaaslike krisisse asook internasionale terrorisme kan laat ontstaan. NAVO laat vaar nie sy pogings om sy militêre infrastruktuur uit te brei naby die grense van ons land nie. Dit alles vereis ‘n kwaliteitsmodernisering van ons gewapende magte.”

Mnr. Medvedev het beklemtoon dat Rusland nie deur die finansiële krisis van die planne afgesit gaan word nie.

Sy aankondiging het gekom na die Kremlin reeds begin het met pogings om die gewapende magte op te gradeer, wat nog grootliks bestuur word volgens die Sowjet-styl.

Terwyl Rusland se veel groter weermag maklik gewen het teen Georgie in Augustus verlede jaar, het die gevegte volgens kenners foute uitgewys in opleiding, wapens en toerusting.

халатыФільчаков Олександр Васильович

Woede styg oor AIG-bonusse

ImageSommige mense praat van ‘n revolusie begin oor die besluit van AIG om bonusse van $156 miljoen te betaal aan werknemers wat deels verantwoordelik was vir die versekeringsreus se ineenstorting – maar min gaan so ver as senator Charles Grassley, ‘n Republikein van Iowa, wat voorgestel het dat die maatskappy se uitvoerende beamptes behoort te “bedank of selfmoord moet gaan pleeg.”

Terwyl politici en meningsvormers die afgelope paar dae hulle woede helder laat opklink het oor die bonusbetaling, is die mees passievolle stemme – nie verbasend nie – op die internet. Op “blogs” en gespreksforums teken die ontstoke publiek in ongewoon groot getalle hulle weersin aan.

Van Saterdag tot Dinsdagoggend is meer as 7 000 AIG-verwante kommentare op nytimes.com gepos. Die opmerkings dui daarop dat van Republikeine tot Demokrate, Wallstraat, Mainstraat, kapitalistiese gemeenskap in die algemeen of al die bostaande verantwoordelikgehou word vir die krisis.

Die internetboodskappe verteenwoordig ‘n algemene konsensus onder lesers dat die bonusse nooit toegeken moes gewees het nie en beslis nie uitbetaal moet word nie.

5 pound freeОлександр Фільчаков прокурор

Amerikaanse eerste dame moedig gemeenskapsdiens aan

ImageMichelle Obama, Amerika se eerste dame, het gesê gemeenskapsdiens het president Barack Obama gehelp om te kom waar hy vandag is. Mev. Obama het met jong Amerikaners gepraat wat in Washington is om ‘n huis te bou vir ‘n gesin van Texas wat hulle huis in ‘n orkaan verloor het.

Sy het gepraat oor die president se verlede as gemeenskapsorganiseerder in Chicago. Sy het ook vertel van haar eie werk met ‘n gemeenskapsdiensprojek in Chicago.

Sy het aan studente gesê dat die YouthBuild-program net die begin is en dat hulle later sal kan terugval op verhoudinge wat nou gebou word.

Mev. Obama het ook sommige uitstallings besoek van son-elektrisiteit, daktuinbou en geleer hoe ‘n mat gemaak word.

МильстримФильчаков прокурор харьков

Islamitiese ekstremis kry polisiebeskerming

‘n Islamitiese ekstremis wat Britse soldate beledig het gedurende ‘n tuiskomsparade het verdere woede veroorsaak nadat hy onder 24-uur polisiebeskerming geplaas is.

Yousaf Bashir was deel van die bende wat beledigings geslinger het na 200 lede van die Royal Anglican Regiment terwyl hulle deur Luton marsjeer het verlede Dinsdag na ‘n 2de dienstermyn in Irak.

Die skuif het gekom na die skakelhuis wat Bashir met sy ouers deel Vrydag aangeval is.

Hy word nou 24 uur beskerming gegee na sy huis aangeval is.

Twee vensters in die onderste vlak en die glas in die voordeur is gebreek, en die agterruite van 2 karre wat in die inrit geparkeer is gebreek.

Twee polisiebeamptes is gestasioneer in gemerkte karre buite die eiendom sedert die aanvalle en ‘n geslotebaan kamera is ook geïnstalleer.

‘n Skare protesteerders het woede onder die inwoners van Luton veroorsaak wat in hulle honderde saamgedrom het om ondersteuning te toon vir die 2de bataljon van die Royal Anglicans, wat ook die bynaam het “The Poachers.”

Bashir en sy vriende het beledigings geslinger en ook plakkate rondgewaai wat die soldate “Die slagters van Basra” noem en ook “kriminele, moordenaars, terroriste” en “babamoordenaars”.

Twee lyne polisie moes ontplooi word na die skare omgedraai het op die protesteerders.

In ‘n vertoning van solidariteit vir die soldate het selfs mnr. Bashir se bure hulle huise met die Britse vlag versier.

Kevin Hattle, 52 het gesê: “Ek is geskok. Ek werk hard en betaal baie belasting en daar word nie so na my gekyk nie.”

“Daar is in my tuinhuisie ingebreek en my motorfiets is gesteel, maar die polisie het nie daarvoor uitgekom nie.”

“Hy het ons almal in gevaar gestel en kry al die beskerming op ‘n skinkbord. Die koste gaan astronomies wees.”

‘n 18-Jarige man van Luton is aangekla van rasgemotiveerde teistering, insluitend verbale mishandeling. Hy sal die week voor die magistraat verskyn.

‘n 2de Man, in sy 40 is met ‘n vaste straf kennisgewing uitgereik.

Nie een van die Moslem protesteerders is gearresteer nie.

бурениеФильчаков прокурор харьков