Frankryk deur nuwe vlaag stakings getref

Image‘n Nuwe vlaag landwye stakings deur woedende werkers wat eis dat president Sarkozy meer doen om die ekonomiese krisis te bestry, het Frankryk Donderdag getref.

Spoorvervoer deur Frankryk is ontwrig, hoewel die hoëspoed TGV-treine wat Frankryk met ander Europese nasies verbind normaal loop. In Parys blyk dit dat baie mense net by die huis gebly het aangesien verkeer op die moltreine gedurende spitsverkeer heelwat minder beknop was al gewoonweg.

Skole, hospitale en die posdiens is ook geraak. Parys se polisie het twee roetes uitgelê deur die hoofstad, in plek van die normale een, vir die skares wat verwag word in ‘n protesmars wat na verwagting vroeg die middag sal begin. Unies het ‘n beroep gedoen op werknemers in die openbare en privaatsektore om aan te sluit by die stakings.

Die ongewone besluit is geneem om die oorvloed van optoggangers te hanteer van die Place de la Republique af na die Place de la Nation in oostelike Parys.

“Die opmars is wettig en nuttig vir die land. Miskien sal die owerhede as gevolg van die betoging besluit om te reageer op die goed wat vir die Franse belangrik is,” het die voormalige sosialiste presidentskandidaat Segolene Royal Donderdag op RTL radio gesê.

‘n Staking laat in Januarie het tussen 1 en 2 miljoen mense in die strate van Frankryk gehad. Weke later het President Sarkozy maatreëls aangekondig om mense te help wat deur die finansiële krisis geraak word, insluitend spesiale bonusse vir die behoeftiges. Vakunieleiers wil verdere onderhandelings hê om meer maatreëls in plek te kry om dié te help wat sukkel as gevolg van die krisis.

Sarkozy het aan ministers tydens ‘n kabinetsvergadering Woensdag gesê dat hy “die kommer van die Franse verstaan”, maar hy het gesê dat hy geen verdere planne het vir addisionele maatreëls nie.

Die begrotingsminister Eric Woerth het gesê dit wat reeds aangekondig is sal maatskaplike uitgawes in 2009 met byna $13 miljard verhoog.

Volgens die baie sterk CGT-unie word sowat 200 protesmarse beplan vir Donderdag en Vrydag in Frankryk. Die unie het lede in verskeie sektore van die ekonomie.

гостиная с каминомпрокурор Фильчаков