Resessie laat Amerikaners visvang

ImageTerwyl Amerikaners duur vakansies, etes en inkopie-uitstappies verminder, verkies baie om die rustige tydverdryf van visvang weer aan te pak, volgens die sporthengelindustrie en verslae van aaswinkels en hengelaars.

Van die ysige noorde tot vlieghengelstrome in Texas, is hengel aan die toeneem. Vir families is dit ‘n goedkoop manier om uit te kom. Die met ‘n slag vir die tydverdryf kan die kosrekening laat krimp en vir die wat onlangs uit hul werk is, is dit iets om te doen.

“Ek sien baie meer hengelaars hier,” het John Miller, eienaar van Bob’s Sport & Tackle in Katonah, New York gesê. “Met die ekonomie wat so sleg is, en mense wat hulle werk verloor en nie by die huis wil sit en niks doen nie.”

“Die goedkoper alternatief is om te gaan visvang,” het hy gesê.

In ‘n vorige resessie in Amerika van 2001 tot 2002, het uitgawes op hengelgerei met 12% gestyg tot $343 miljoen, volgens die National Sporting Goods Association (NSGA), ‘n handelsliggaam wat rekord hou van hoeveel mense op sportgoedere spandeer.

Wanneer mens die koste van visstokke, hengelgereikaste, aas, lyne en ander toerusting inreken, is hengel as ontspanning in Amerika ‘n $2,2 miljard industrie, volgens die vereniging se data.

Sportnetwerk ESPN het 44 bladsye bygesit in hulle “Bassmaster” tydskrif, op versoek van verskaffers van bote en toerusting wat wil adverteer.

In Texas het die verkoop van vislisensies heelwat toegeneem in onlangse maande, het Tom Harvey, ‘n woordvoeder vir die Texas Parke en Wildlewe departement gesê.

In Lewisville, Dallas, sê Mike Hamilton, ‘n 47-jarige vlieghengelaar dat die visvang iets is wat hy kan doen sonder om baie geld te spandeer.

“Ek glo nie daaraan om baie geld te spandeer op my tydverdryf nie,” het hy gesê terwyl hy in die stroom staan met die vliegstok in die hand.

Alan James Nute, eienaar van A.J.’s Bait & Tackle shop het gesê die verkoop van aas is 25% hoër die seisoen.

Een van die redes hoekom meer mense  visvang is omdat dit nog lekker goedkoop is, amper enige iemand kan dit doen.

“Sommige mense se werkure is verkort en nou het hulle naweke vry. Of hulle het hulle werk verloor en het niks ander om te doen nie,” het hy gesê.

In 2007, toe die Amerikaanse ekonomie begin terugsak het, het die spandering op visstokke en katrolle ‘n 10 jaar hoogtepunt van $356 miljoen bereik, het die NSGA gesê. Data vir verlede jaar is nog nie beskikbaar nie.

John Konz, 65, wat werk by ‘n watersuiweringsaanleg in Texas het gesê die lae koste is een van die goed wat hom na die sport aangetrek het. Hy het sy vliegstok gereed gemaak het op die bank van ‘n forelstroom wat $5 per dag kos om by te gaan visvang.

“Wat anders kan mens doen wat jou net $5 per dag gaan kos?” het hy gevra. “Mens kan nie verkeerd gaan met visvang nie.”

что лучше ультразвуковая чистка зубов или air flowФильчаков прокуратура харьков