Genetiesgemanipuleerde muskiete kan malaria uitroei

ImageDie stryd teen malaria kan uiteindelik verander word deur geneties veranderde muskiete wat nie die siekte kan oordra nie vry te laat in malariagebiede.

Wetenskaplikes in Amerika het ‘n spesie muskiete geskep wat weerstandig is teen die malaria besmetting. Die vermoë om die besmetting te blokkeer maak dit moontlik dat dit die dominante muskietbevolking kan word indien dit in die natuur vrygelaat sou word.

Die bevindinge bied die sterkste tekens nog dat gemanipuleerde muskiete wat bestand is teen die parasiet, kan help om ‘n siekte onder beheer te bring wat jaarliks op tot 2,7 miljoen lewens eis, hoofsaaklik in Afrika. Malaria besmet tussen 300 en 500 miljoen mense elke jaar. Net MIV/Vigs veroorsaak meer sterftes.

Groot hoeveelhede van die geneties veranderde muskiete sal vrygelaat word in gebiede waar malaria algemeen is, waar hulle sal inteel met die wilde muskiete. Na verskeie geslagte behoort die weerstandigheid (teen malaria) te versprei deur die muskiet bevolking, sodat minder insekte malaria versprei.

Die benadering kan egter kontroversieel wees onder omgewingsgroepe omdat dit die oorneem van natuurlike insekte  behels deur ‘n geneties veranderde variant.

Kritici argumenteer dat dit moeilik sal wees om die effekte van die bekendstelling van nuwe gene te bepaal.

Selfs die wetenskaplikes aanvaar dat verdere navorsing nodig is voor geneties veranderde insekte in die natuur vrygelaat kan word.

современный дизайн гостинной с каминомтопкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae