VN gekant teen onkonstitusionele verandering in Madagaskar

Die VN het Woensdag gesê hulle kan nie bepaal of die manier waarop president Marc Ravalomanana uit die kussings gelig is wettig was nie, maar hulle het gesê dat hulle nie die “onkonstitusionele verandering van regering” goedkeur nie.

“Die wettigheid van die situasie in Madagaskar is nie iets wat ons kan bepaal nie,” het VN-woordvoerder Michele Montas in reaksie gesê op ‘n vraag of die manier waarop Ravalomanana uitgewerk is soortgelyk is aan ‘n coup d’état.

“Ons kan sekerlik nie die onkonstitusionele verandering vn die regering goedkeur nie,” het sy aan ‘n perskonferensie gesê.

Opposisieleier Andry Rajoelina het vroeër Woensdag Madagaskar se waarnemende president geword en beloof om armoede op die Indiese Oseaan eiland aan te spreek, ‘n dag na die weermag die maandelange stryd met Ravalomanana beëindig het en hom uit die kussing gelig het.

Buitelandse moondhede hou steeds hulle afstand en het Rajoelina se weermagondersteunde posisie nie bekragtig of as 'n coup beskryf nie ten spyte van die land se grondwethofuitspraak in die huidige president se guns.

Zambië het egter aangedring op Madagaskar se skorsing uit die Afrika-Unie en die SAOG.  Sy minister van buitelandse sake, Kabinga Pande het gesê Lusaka verwerp die “onkonstitusionele” verandering in regering.

Dinsdag het VN-hoof Ban Ki-Moon “ernstige kommer” uitgespreek oor die krisis in Madagaskar en hy het alle kante aangemoedig om “verantwoordelik op te tree en ‘n gladde oordrag te verseker op ‘n demokratiese wyse.

big bad wolfАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae