DA waarsku oor vals pamflet

‘n Vals pamflet wat beweer dat die DA die dae van permitte wil terugbring om die “Swart gevaar” te beveg word op die internet versprei, het die party Woensdag gesê.

DA-woordvoerder Ashleigh Trichardt het gesê die pamflet, wat eindig met die waarskuwing “ moet dit nie aan julle bediendes en tuinwerkers wys nie…ons het hulle stemme nodig”, teiken swart kiesers om hulle te oortuig om nie vir die party te stem in die opkomende verkiesing nie.

“Dit is heel duidelik ‘n vals pamflet,” het Trichardt gesê.

“Dit bevat die ou DA logo, en is vrot van die taal-en spelfoute, insluitend een wat veral erg is “Een drag maak maag” – wat beteken in Afrikaans “Eenheid maak mag.”

Die party het gesê hulle het eers bewus geword dat die pamflet gesirkuleer word in die Steve Tshwete-munisipaliteit. Die pamflet het sedertdien sy pad gevind na die internet.

“Die verkiesingswet verbied persone om ander partye en of persone “na te maak, en verbied die verspreiding van vals inligting,” het Trichardt gesê.

настенно потолочные светильникилобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae