Die diewe het mini-substasies geteiken in Germiston en kragonderbrekings veroorsaak, van verlede Vrydag af, wat ernstig genoeg was vir die munisipaliteit om ‘n privaatsekuriteitsmaatskappy te huur, het woordvoerder Zweli Dlamini gesê.
“Ons as ‘n raad het gedink dit sal pro-aktief wees om ‘n privaatmaatskappy te huur,” het hy gesê.
“Die SA polisie en die metropolisie was te besig in terme van misdaadbestryding,” het Dlamini gesê.
Die diefstal van elektriese toerusting sou te veel mannekrag van die polisie verg wie se bronne elders nodig was.
“Dit sou ‘n mors van mannekrag wees om net een gebied te patrolleer,” het Dlamini gesê.
Ekuruleni se huur van die privaat sekuriteitswagte het Woensdag vrugte afgewerp, toe een van die maatskappy se patrollies op die diewe afgekom het toe hulle besig was om te steel, het Dlamini gesê.
Dlamini het gesê ingenieurs was besig om te werk om krag aan die gebied te herstel, maar die vlaag van diefstalle het die munisipaliteit met ‘n tekort aan onderdele gelaat.
“Tegnici probeer om spaar skakelaar te kry van substasies in die omgewing en ander klientediens sentra in die metro om met die herstelwerk te kan aangaan,” het hy gesê.
Hy kon nie sê presies wanneer die krag sou aan wees nie, maar het verwag dat dit voor die einde van die dag sou wees.
