“Hulle is gearresteer by hulle werk na ‘n spesiale polisieondersoek,” het superintendent Mzukiai Fatyele gesê.
Die geld is vir die Alfred Nzo-munisipaliteit gegee vir landelike ontwikkeling in die gebied, wat die bou van toilette ingesluit het.
“Die geld is sedert 2005 vir hulle gegee in verskeie bedrae. Meeste van die geld is gesteel en slegs ‘n klein bedrag is aangewend vir die ontwikkeling,” het hy gesê.
Hy het gesê dat pleks dat vaardighede in die landelike gemeenskappe ontwikkel is, is familie ingekry om te kom werk en is hulle betaal deur sekere amptenare.
Gedurende die arres het die polisie ook vier skootrekenaars gekonfiskeer.
Hy het bygevoeg dat die bates van die 10 amptenare van nader ondersoek gaan word om te kyk of van die geld teruggevind kan word.
“Ons verwag nog arrestasies, daar is definitief meer mense betrokke by die saak.”
Hulle gaan volgens Fatyela binnekort in die hof verskyn.
