Burgers van enige staat het die reg om van die owerheid te verwag om te sorg vir ‘n veilige omgewing, maar in Suid-Afrika gebeur dit nie meer nie en word ons nog daarby deur hierdie land se Wetgewer aanbeveel om geen weerstand te bied nie en ‘n aanvaller eerder sy sin te gee. Die rede daarvoor is omdat dit tot voordeel van die staat strek, net soos dit in kommunistiese Rusland gebeur het. Maar ons moet juis veg met alles tot ons beskikking. Ons kans op oorlewing is veel beter wanneer ons met weerstand reageer. Vir ‘n groter lafaard as hyself het die aanvaller geen genade nie, maar aggressiewe weerstand is ‘n verrassende reaksie waarop hy meestal nie voorbereid is nie. Dit is moontlik net dié aarseling by hom wat vir u die uitkomsgeleentheid gee.
Om te kapituleer is om plek te maak vir die vyand wat ons leefruimte en ons land inneem waarna die wenner se voorkeure geld. Soos Alexander Solsjinitsin sê: “Om ‘n dief kwyt te skeld, is om ‘n goeie man dood te maak.” Geen weerstand bevorder dus misdaad!
