Sierra Leone stem

ImageInwoners van Sierra Leone het Saterdag stembus toe gegaan om ’n nuwe president en parlementslede aan te wys. Dit volg op die Verenigde Nasies (VN) se onttrekking aan die konflikgeteisterde land twee jaar gelede. Sewe kandidate het hulleself beskikbaar gestel vir die pos van staatshoof. Die verkiesing het redelik kalm verloop. Stemme word op die oomblik getel en die uitslag word later hierdie week verwag.

Alhoewel die tienjaarlange oorlog in 2002 beëindig is, is daar steeds aspekte aanwesig wat tot hernieude konflik kan lei: werkloosheid, armoede en korrupsie. Tans lyk dit of adj.pres. Solomon Berewa van die SLPP en mnr. Ernest Bai Koroma van die All People’s Congress (APC) die meeste stemme behaal het. ’n Tweede verkiesingsrondte tussen dié twee kandidate sal waarskynlik binne die volgende paar weke moet plaasvind. Sowat 2,6 miljoen van die land se 5 miljoen inwoners is stemgeregtig.

Sierra Leone word tans deur die VN as die tweede armste land ter wêreld gereken. Alhoewel die land se infrastruktuur stadig herstel word en die internasionale gemeenskap verlede jaar 1,6 miljard dollar se skuld afgeskryf het, sukkel die land steeds ekonomies. Transparency International beskou Sierra Leone as een van die korrupste lande in die wêreld. Verlede jaar is diamante ter waarde van 125 miljoen dollar uitgevoer, maar daar word gereken dat tot drie keer hierdie bedrag jaarliks verdien word danksy die onwettige handel in die edelsteen.

Die leier van die Rewolusionêre Verenigde Front-rebelle, Charles Taylor, wie se soldate onnoembare wreedhede tydens die tienjaarlange konflik in Sierra Leone gepleeg het, word tans in Den Haag op aanklagte van oorlogsmisdade verhoor.

светильники дляtopcargo отзыв