Beskuldigings deel van die ‘stryd’

Image

Blade Nzimande

Pogings om leiers van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) en van die vakbond Cosatu swart te smeer, is alles deel van die “struggle“, meen Blade Nzimande, sekretaris van die SAKP. Nzimande het gister lede van die Suid-Afrikaanse Klere -en tekstielwerkersvakbond in Durban toegespreek.

Dit volg op onlangse bewerings dat ’n Pretoria-sakeman, Charles Kasinja Modise, R500 000 aan Willie Madisha van Cosatu oorhandig het, wat hy op sy beurt aan Blade Nzimande moes gee. Die geld was bestem vir die betaal van salarisse en om SAKP-skuld mee te delg.

Die Jong Kommunisteliga het vroeër die week hulle steun aan Nzimande uitgespreek. Volgens Buti Manamela, sekretaris van die liga, was Willie Madisha se besluit om nie oor die aangeleentheid kommentaar te lewer nie “kinderagtig.“ Madisha het in 2002 die R500 000, in twee vullissakke verpak, agter in sy motor gelaai voor hy dit aan Nzimande gegee het. Die SAKP-sekretaris was veronderstel om dit aan Philip Dexter, tesourier van die SAKP, te oorhandig. Dexter is later deur Nzimande uit die party geskors weens kritiek op die SAKP en werk glo tans met die polisie saam in ’n poging om vas te stel wat van die vermiste skenking geword het.

Volgens David Masondo, voorsitter van die Jong Kommunisteliga, is die beskuldigings teen Nzimande ’n poging om die SAKP-sekretaris se naam swart te smeer voor die ANC se nasionale kongres wat in Desember plaasvind en waartydens ’n nuwe partyleier verkies sal word. “Mense weet dat die SAKP se stem krities gaan wees by die konferensie,“ meen Masondo.

Castro Ngobese, ook van die Jong Kommunisteliga, meen ’n aanklag van bedrog behoort eerder teen Willie Madisha ingestel te word. “Madisha kan nie as ’n bank optree en geld in vullissakke insamel sonder dat ’n regte transaksie uitgevoer word nie.“

Die spanning tussen Cosatu en die SAKP is ironies in die lig van Nzimande se waarskuwing gister dat indien die regerende alliansie sou skeur, die ANC in die hande van die “bourgeoisie“ sou beland. Jacob Zuma het dieselfde vakbondkongres Donderdag toegespreek en gesê dat die teenwoordigheid van die SAKP en Cosatu in die alliansie met die ANC die regering tans verhoed om “na regs te swaai.“

одежда демисезонная для девочек на 1 годОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae