Etiket: Suider-Afrika
Polisie se onlusbeheervermo? het afgeneem
Die polisie se vermoë om onluste te beheer het afgeneem as gevolg van 'n herstruktureringsproses wat in 2006 uitgevoer is. Volgens die Johannesburgse koerant die Mail & Guardian is dit die rede waarom die polisie onlangs die hulp van die weermag moes inroep om etniese geweld in lokasies en elders te beheer.
Die Instituut vir Sekerheidstudies het in 'n ondersoek verlede jaar bevind dat die herstrukturering die moreel van die polisiediens aangetas het en ook tot verliese aan personeel gelei het.
Voor die herstrukturing het die Gautengprovinsie oor 1383 operasionele lede in sewe peletons beskik en daarna oor slegs 614 in drie peletons.
Opleiding het ook verswak.
Xenofobie is maar net misdaad, s? LUR
Hy het gereageer op besonderhede van aanvalle op vreemdelinge wat oornag plaasgevind het.
Dit bekommer hom dat misdadigers xenofobie as 'n verskoning gebruik om misdaad te pleeg. Anders sou hulle nie die vreemdelinge se besittings gesteel het nie.
Die polisie in Kwazulu-Natal het ook berigte ontvang van lyste met vreemdelinge se name en adresse wat gebruik word om hulle te vervolg.
Vals alarm oor beurtkrag
Nadat Eskom die land Donderdagaand op hol gejaag het met dreigemente van beurtkrag vandag, het die elektrisiteitsverskaffer vandag aangekondig dat dit nie meer nodig is nie.
Nog etniese geweld in Kaapstad
Nog etniese geweld het naby Milnerton in Kaapstad uitgebreek waar 'n vergadering gisteraand gehou is in 'n poging om gemoedere te kalmeer. Inwoners van Du Noon het buitelanders begin aanval en ten minste een Somaliër gedood en ses ander beseer.
Winkels wat aan buitelanders behoort, is aan die brand gesteek en geplunder. Huis-tot-huis-deursoeking is ook op buitelanders toegepas en hul kajas aan die brand gesteek.
Die polisie beskerm tans 500 buitelandse swartes by die Milnerton-polisiestasie terwyl ander gisteraand by die Killarney-resiesbaan onderdak ontvang het.
Die burgemeesteres van Kaapstad, Helen Zille, het beveel dat alle gemeenskapsale vir buitelanders oopgestel moet word.
Die gebeure van die afgelope tyd het die nuus oral ter wêreld gehaal en Suid-Afrika in 'n negatiewe lig gestel.
Luiperd val toeris aan
Die luiperd het die man, wie se burgerskap nie bekend is nie, van agter bekruip en hom aan sy kop gebyt. Hy verkeer tans in 'n ernstige toestand in die Richardsbaaihospitaal.
Agterna was daar geen teken van die luiperd nie. So 'n voorval het nog nooit tevore in die wildtuin plaasgevind nie.
Eskom melk middelklasverbruiker
Eskom melk die middelklasverbruiker deur alle winste van residensiële verbruikers te verhaal. So sê 'n konsultant van Forensies.com, dr. Philip Theunissen wat bekendgemaak het dat Eskom 88% van alle winste van residensiële verbruikers verhaal.Residensiële verbruikers betaal 43 sent per kilowatt-uur vir elektrisiteit terwyl myne en groot nywerhede slegs 16 sent betaal. Die kosprys van elektrisiteit is min of meer 16 sent per kilowatt-uur.
Die uitvoer van elektrisiteit geskied egter teen ongeveer 11 sent per kilowattuur, wat ver onder die kosprys is. Met ander woorde, die residensiële verbruiker wat reeds noustrop trek as gevolg van inflasie, subsidieer sowel die groot nywerhede as die uitvoer van elektrisiteit.
Die meeste uitgevoerde elektrisiteit word deur De Beers en Anglo American se myne in Namibië, asook Billiton se aluminiumsmelter in Mosambiek gebruik.
Die uitvoerende bestuur van Eskom ontvang boonop twee keer soveel aan salaris as die gemiddeld vir genoteerde maatskappye.
Somali?rs uit Kaapstad ontruim
Terwyl die polisie 'n afname in vyandelikhede aan die Witwatersrand in die etniese geweld rapporteer waarin die land tans verkeer, berig Die Burger dat hul kollegas in Kaapstad besig is om Somaliërs uit Du Noon naby Milnerton te ontruim.
Klipgooiery en plundery van winkels wat deur Somaliërs besit word, is ook aangemeld.
'n Openbare vergadering gisteraand wat bedoel was om gemoedere te kalmeer, was 'n mislukking. Plaaslike inwoners was beslis dat buitelanders moes padgee.
Volgens 'n inwoner van Du Noon, Nonkululeko Sarlana, moet alle buitelanders teen Sondag uit wees.
Geen dooies kan ge?dentifiseer word nie
Buitelanders in Suid-Afrika koop dikwels ID-dokumente van korrupte amptenare by Binnelandse Sake, maar geen van die 42 dooies in etniese gevegte oor die afgelope week kon tot dusver geïdentifiseer word nie.
Die man wat in halssnoerstyl tereggestel is kon ook uitgeken word nie, al is die foto van sy laaste oomblikke dwarsoor die wêreld in koerante en op TV-skerms gepubliseer.
Wanneer polisiebeamptes uitgevra word oor die totale gebrek aan identifikasie van slagoffers, verwys hulle joernaliste na die lykshuis. Hulle stel nie name vry nie omdat dit onderhewig is aan 'n ondersoek.
Maar die segspersoon vir die Gauteng-gesondheidsdepartement wat oor regeringslykshuise toesig hou, Zanele Mngadi, sê dat dit die verantwoordelikheid van die polisie is en dat mens by hulle moet uitvind.
Polisie meen geweld neem af
Volgens die polisie is die etniese geweld aan die Witwatersrand besig om te verminder en sedert Woensdagaand word die toestand as rustig beskryf.
Maar in die Ramaphosa-plakkerskamp buite Reigerpark aan die Oosrand het nuwe geweld uitgebreek, volgens die Oosrandse munisipale woordvoerder Willy Dlamini. Geen verdere inligtig oor die aard van die voorvalle is tot dusver beskikbaar nie.
Intussen word berig dat plaaslike swartes die ANC-regering kwalik neem dat hy voedsel aan buitelanders by die polisiestasies verskaf. 'n Inwoner, Florah Khwerana vra hoe daar aan buitelanders voedsel by polisiestasies gegee kan word terwyl hulle moet honger ly. Volgens haar voorsien die regering nie aan sy eie mense nie.
