Openbare vervoer in Kaapstad, insluitend busse, taxi’s en treine, sal voortaan deur ‘n enkele owerheid bestuur word. Pendelaars sal met een kaart van al drie soorte vervoer gebruik kan maak. Die burgemeester, Patricia de Lille het by die bekendstelling van die Geïntegreerde Openbare Vervoerowerheid gesê die grootste gedeelte van die finansiële hulpbronne wat van die
Skool verpligtend vir tronkvoëls
Volwasse onderrigklasse sal vanaf volgende jaar verpligtend wees vir gevangenes, het die departement van korrektiewe dienste Donderdag gesê. Gevangenes sal die ABET-program (vlak een tot vier) voltooi, het die departement in ‘n verklaring gesê. “Ons werk daaraan om ons tronke in skole te verander en ons wil hê oortreders moet lees, studeer en werk.” “Die
Fanie Olivier vaar uit teen skrywers en ‘Christelike orrelmusiek’
‘n Groepie ANC-gesinde skrywers het vanweë die omstredenheid rondom Pretoria se naam, ‘n aanval op die skrywersorganisasie “Pretoria-PEN” geloods en met Afrikanerfobiese amptenare in Londen saamgewerk om dié vereniging verdag te maak. Verlede maand het die digter Fanie Olivier, asook die skryfsters Sonja Loots en E.K.M. Dido hulle as verteenwoordigers van Pretoria-PEN tydens die jaarvergadering
Lees verder: Fanie Olivier vaar uit teen skrywers en ‘Christelike orrelmusiek’
Horings, ‘n probleem wat groei
Dit is nog nie eens die einde van Oktober nie en daar is al 455 renosters hierdie jaar in Suid-Afrika doodgemaak vir hulle horings – agt meer as die einde van 2011. Van hierdie is 272 renosters in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gestroop. Dié syfers is vandag deur die Department van Omgewingsake bekendgemaak. Ondersoekspanne het
Annelie Botes is ‘n slagoffer van eerlikheid
Die gevierde Afrikaanse skryfster, Annelie Botes, het in Augustus van Tafelberg-uitgewery verneem dat teen die publikasie van haar jongste boek besluit is. Botes het die afkeuring eers onlangs bekend gemaak. Riana Barnard van Tafelberg het nie eens probeer om die besluit, wat klaarblyklik op politieke en suiwer nie-literêre gronde berus, te regverdig nie (Die Burger,
Zuma pleit dat werkers terugkeer werk toe
President Jacob Zuma het met verwysing na Suid-Afrika se arbeidskrisis Woensdag ‘n oproep aan die stakende mynwerkers gedoen om terug te keer werk toe en gevra dat maatskappyvoorsitters hul salarisse vries, te midde van maande van industriële onrus en bloedvergieting wat dreig om die land se ekonomie te ontspoor. Na byna vyf uur agter geslote
Talle voertuie beskadig tydens geweld in Benoni
‘n Optog na Benoni se munisipale geboue het Woensdag in geweld ontaard en talle voertuie is beskadig. Die organiseerders sê dit moes ‘n vreedsame opmars gewees het, maar het hand uitgeruk en hulle moes noodgedwonge die polisie se hulp vra. Betogers het polisiebeamptes wat die gebou opgepas het, met stokke en klippe getakel. Die polisie
Lees verder: Talle voertuie beskadig tydens geweld in Benoni
Amerikaanse ambassade in Swede ontruim
Die Amerikaanse ambassade in Stockholm is ontruim ná ‘n brief met “onbekende inhoud” ontvang is. Tove Hagg, Stockholm se polsiewoordvoerder, het Woensdag gesê dat personeel uit die gebou ontruim is, maar steeds op die perseel is. Strate rondom die ambassade is afgesper. Sy kon nie enige inligting gee oor die inhoud van die brief nie.
Die Dinges is ‘n Watsem
“As my pa nie ‘n mens was nie, was hy ‘n bobbejaan!” Só sê die een seun vir die ander terwyl hulle stry oor wie se pa nou eintlik die domste is. Die Dinges is ‘n Watsem – Jan Spies is die verpersoonliking van een van Suid-Afrika se grootste storievertellers se staaltjies en slinkste sêgoed.
Landman help Solidariteit se Buys reg oor kultuurpolitiek
“Daar is nie plek vir totalitêre organisasies in die kultuurpolitiek nie en dis ook nie in die staatspolitiek wenslik nie,” het dr. Christo Landman in reaksie op die toespraak van mnr. Flip Buys, tydens ‘n vergadering van die Ad Hoc-Komitee op Eiendom op 16 Oktober in die kantore van die Transvaalse Landbou-Unie verklaar. Volgens mnr.
Lees verder: Landman help Solidariteit se Buys reg oor kultuurpolitiek
