Amerikaanse ambassade in Swede ontruim

Die Amerikaanse ambassade in Stockholm is ontruim ná ‘n brief met “onbekende inhoud” ontvang is.

Tove Hagg, Stockholm se polsiewoordvoerder, het Woensdag gesê dat personeel uit die gebou ontruim is, maar steeds op die perseel is. Strate rondom die ambassade is afgesper.

Sy kon nie enige inligting gee oor die inhoud van die brief nie. Expressen, ‘n Sweedse koerant, beweer brandweermanne het gesê dat die brief ‘n wit poeier bevat het.

Hagg het bygevoeg dat ‘n bomeenheid ontbied is as voorsorgmaatreël.

 

лобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae