ANC gaan grootste koerant gratis versprei

Vanaf April vanjaar sal die ANC se tweemaandelikse tydskrif Vuk’uzenzele as ‘n maandelikse koerant uitgegee word. Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, het aan Die Burger gesê die regering moet sy eie koerant die lig laat sien, aangesien hulle Suid-Afrikaners op hoogte moet hou van dienslewering. Hy het gesê dis die regering se plig om mense ingelig te

Lees verder: ANC gaan grootste koerant gratis versprei

Mea culpa, blommetjies

Corrie van Zyl, die verwelkte blommetjies se afrigter, is glo kwaad omdat die publiek sy span verstikkers noem. Volgens Van Zyl lei die publiek se negatiwiteit tot die bykans twee dekade-lange wanprestasie van die blommetjies by ‘n iedere en ‘n elke Krieketwêreldbeker. ‘n Verstikker, of “choker” is ‘n atleet of span wat as gunstelinge opgehemel

Lees verder: Mea culpa, blommetjies

Kommer heers oor bek-en-klouseer

TLU SA is baie bekommerd oor die Bek- en Klouseer wat in KwaZulu-Natal uitgebreek het. “Tydens TLU SA se laaste Algemene Raadsvergadering het die Adjunk-Minister van Landbou, dr. Pieter Mulder, reeds sy kommer uitgespreek oor die oënskynlike tekort aan kundigheid om die verspreiding te beheer. Dit blyk dat sy kommer nie ongegrond was nie, en

Lees verder: Kommer heers oor bek-en-klouseer

Madonna se skool na die maan

Die bestuurders van Madonna se liefdadigheidsorganisasie in Malawi is afgedank nadat hulle byna R30 miljoen op ‘n skool wat nooit sal gebou word nie, geblaas het. Die verdoemende oudit van Raising Malawi het bevestig dat die geld vir die elite akademie vir meisies nooit vir bouwerk gebruik is nie, en dat die planne van die

Lees verder: Madonna se skool na die maan

Julias kan sorg vir Naspers se Marthinus-oomblik

Tim du Plessis keer terug van sy sabbatsverlof en met die intrapslag in Beeld beweer hy dat daar “wedergebore rassiste… (bestaan) wat deesdae danksy die internet ’n stem en ’n kanaal het”. Dit het my terstond baie nuuskierig gemaak oor wie hierdie internetrassiste kan wees? So pas het ek vanmôre in die oggendverkeer ‘n pap

Lees verder: Julias kan sorg vir Naspers se Marthinus-oomblik

Grond: Vermorsing moet bereken word

Delhi, Indië se lewendige hoofstad, bied ‘n menigte kulinêre opsies om die stad en sy verskeidenheid van besoekende toeriste, diplomate en sakeleiers goed te voed. Maar agter hierdie oënskynlike kulinêre voorspoed lê stygende voedselonsekerheid. Voedsel-verwante inflasie in Indië was reeds bo 18 persent in Desember, wat straatprotes oor hoë uiepryse laat ontvlam het. Selfs beskeie

Lees verder: Grond: Vermorsing moet bereken word

Rassistiese baniere van Obama by kampus

Kampuspolisie by die Universiteit van Kentucky in die VSA het ‘n ondersoek  geloods na twee voorvalle waarin ‘n banier opgehang is waarop rassistiese verwysings na president Barack Obama voorgekom het. Polisiewoordvoerder Jay Blanton sê ‘n professor het die eerste een op 15 Maart  op ‘n deur van die UK School of Law gevind en dit

Lees verder: Rassistiese baniere van Obama by kampus

Japan: Bestralingsvlakke 10 000 keer hoër

Werkers wat brandwonde opgedoen het terwyl hulle probeer het om een van die Fukushima-reaktors te verkoel, is aan bestralingsvlakke blootgestel wat 10 000 keer hoër is as wat aanvanklik gemeen is. Aanduidings is dat ‘n belangrike beskermingskapsule vir kernbrandstof by die kernaanleg moontlik gebars het. Dit kan ‘n groot terugslag beteken ten spyte van moeilike

Lees verder: Japan: Bestralingsvlakke 10 000 keer hoër