praag.co.za

Grond: Vermorsing moet bereken word

Written by

in

Delhi, Indië se lewendige hoofstad, bied ‘n menigte kulinêre opsies om die stad en sy verskeidenheid van besoekende toeriste, diplomate en sakeleiers goed te voed.

Maar agter hierdie oënskynlike kulinêre voorspoed lê stygende voedselonsekerheid. Voedsel-verwante inflasie in Indië was reeds bo 18 persent in Desember, wat straatprotes oor hoë uiepryse laat ontvlam het.

Selfs beskeie prysstygings het ‘n vernietigende impak op die inkomste en voortbestaan van miljoene. Indië se kleinboere gaan gebuk onder skuld en watertekorte. Reeds 200.000 van hulle het selfmoord gepleeg oor die afgelope 13 jaar.

Indië is nie alleen nie. Net ‘n paar jaar verwyder van die 2007-2008 globale voedselkrisis, is die wêreld weer op die rand van akute voedselonsekerheid: stygende pryse van beide voedsel en olie, lae landbou opbrengste, wispelturige weer en onblusbare vraag. Die gevolge kan gesien word in Bolivia, waar top regeringsamptenare kos in hulle huise berg, of die Midde-Ooste, waar die stygende koste van basiese voedselsoorte ‘n strydkreet vir rewolusie word.

Tog is die krisis anders as die vorige een. Kenners beweer dat hierdie tekort gekoppel is aan die etanol-industrie. Met koringpryse – en dié van suiker en voedselolie – al stygende, dui die geskiedenis daarop dat inflasie in koringpryse binnekort gaan volg.

Die impak van ‘n nuwe globale voedselnood gaan waarskynlik erger as dié van die vorige een wees, Daar is 75 miljoen meer ondervoede mense vandag as wat daar was in 2008.

Mees ontstellende is egter die wanbalans tussen vraag en aanbod. Die wêreld se bevolking sal na verwagting nagenoeg 40 persent groei oor die volgende vier dekades, en voedselproduksie sal moet uitbrei met 70 persent teen 2050.

Indië se minister van Landbou het onlangs erken dat massiewe hoeveelhede voedsel wat geproduseer word, vermors word, omdat slegs 2 persent van die land se kos verwerk word.

Grondhervormingsaktiviste in Suid-Afrika het nog nie hiervan melding gemaak nie. Ook nie van die verslegtende infrastruktuur wat verspreiding belemmer nie.

кукольный домик купитьОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply