Japan: Bestralingsvlakke 10 000 keer hoër

Werkers wat brandwonde opgedoen het terwyl hulle probeer het om een van die Fukushima-reaktors te verkoel, is aan bestralingsvlakke blootgestel wat 10 000 keer hoër is as wat aanvanklik gemeen is.

Aanduidings is dat ‘n belangrike beskermingskapsule vir kernbrandstof by die kernaanleg moontlik gebars het.

Dit kan ‘n groot terugslag beteken ten spyte van moeilike vordering om bestralingslekkasies te bekamp na die aardbewing en tsoenami wat Japan twee weke gelede getref het.

Meer as 700 ingenieurs werk in aflosskofte om die ses reaktors by die Fukushima-aanleg te stabiliseer. Hulle moes egter uit sekere areas van die aanleg onttrek toe drie werkers wat ‘n kabel in Eenheid 3 vervang het, aan hoë vlakke van bestraling blootgestel is.

Twee van die werkers is hospitaal toe geneem met moontlike bestralingsbrandwonde nadat water wat met bestraling besmet is hulle stewels binnegedring het.

“Die besmette water het 10 000 keer die hoeveelheid bestraling bevat as wat water moet hê as dit in ‘n reaktor wat normaal funksioneer sirkuleer,” het Hidehiko Nishiyama,’n beampte by ‘n Japanese kernkragagentskap, gesê.

“Dit is moontlik dat die reaktor skade gely het.”

Beamptes het vroeër gesê dat klein ontploffings by die reaktor skade veroorsaak het. Hoë vlakke van bestraling wat besig is om uit te lek dui daarop dat die skade meer is as wat aanvanklik geglo is.

Eenheid 3 is ook die enigste een wat plutonium in sy brandstofmengsel gebruik, wat giftiger is as die uraan wat in die ander reaktors gebruik word.

Intussen moedig Japan duisende mense wat naby die Fukushima-aanleg bly om eerder te verhuis.

China het ook bekend gemaak dat twee Japannese reisigers wat in die land binnegekom het aansienlike hoë vlakke van bestraling toon.

Japan het nog nie erken dat mense, behalwe vir die drie werkers by die reaktor, aan hoë bestraling blootgestel word nie.

хрустальные люстрыФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae