Die Franse skrywer en televisiester, Pascal Sevran, het onlangs ʼn herrie ontketen toe hy deur ʼn streekskoerant aangehaal is as sou hy gesê het: “Die swartman se voël veroorsaak hongersnood in Afrika.”
ʼn Geweldige storm het agterna losgebars en Sevran is deur allerlei swart verenigings van rassisme aangekla en daar is geëis dat hy deur die Franse staatstelevisiekanaal, France 2, afgedank word.
Lees verder: ?Die swartman se vo?l veroorsaak hongersnood in Afrika?

Danksy ʼn 15 000-persentinflasiekoers, wat die huidige wêreldrekord is, het die meeste mense op aarde nou al van Zimbabwe gehoor. Verlede week is die vorige leier van die oud-Rhodesië, Ian Smith, in Kaapstad dood. Smith is in die laat sewentigerjare deur Brittanje verraai sodat Robert Mugabe die welvarendste staat in Afrika suid van die Sahara – benewens Suid-Afrika – kon oorneem.