Tanzanië se Olimpiese Komittee het vooraf gesê dat geen straatbetogings of pogings om die fakkel te blus verwag word nie.
Die fakkel is Sondag na Oman.
Tanzanië se Olimpiese Komittee het vooraf gesê dat geen straatbetogings of pogings om die fakkel te blus verwag word nie.
Die fakkel is Sondag na Oman.
Biya se tweede termyn verstryk onder die huidige grondwet in 2011, maar hy het dit reeds duidelik gemaak dat hy beplan om aan te bly. Sy party beskik oor ‘n groot meerderheid.
Lede van Kameroen se snelreaksiemag het strate in die hoofstad na afloop van die stemmery patrolleer.
Dit is maar die jongste terugslag vir demokrasie in Afrika. Pogings om termynbeperkinge in Nigerië, Zambië en Malawi in te stel, is ook die afgelope tyd gefnuik.
President Rene Preval, wat gou aangekondig het dat die prys van rys met meer as 15% verlaag sal word, het gesê dat hy dadelik ‘n nuwe eerste minister sal aankondig.
Haïtiaane leef met chroniese honger en sommige inwoners eet noodgedwonge modderkoekies om te oorleef, maar die toestand het onlangs ondraaglik geraak. Hongerpyne het daatoe gelei dat gewelddadige gevegte met VN-vredestroepe uitgebreek het.
Plundery het regoor Haïti oral voorgekom en vyf mense is tydens die opstand gedood.
Bush het in Washington gesê dat die generaal al die tyd wat hy nodig het, sal kry.
Die krotbuurt in Sadir City is die fokuspunt van gevegte tussen die Megdileër en veilgheidsmagte.
Van die nywerheidslande is dit net Japan en die Verenigde State wat nog die doodstraf toepas.
Volgens die Japannese regering vereis die openbare mening in Japan dat hulle meer oortreders hang.
Een van die tereggestelde gevangenes, die een-en-sestigjarige Kaoru Okashita, is daaraan skuldig bevind dat hy twee mense doodgemaak het, waaronder ‘n 81-jarige vrou met wie hy ‘n eiendomsrusie gehad het.
Die aankoms van die fakkel met China Lugdiens 2008 was baie onopsigtelik omdat geen betogers die vlam by San Fransisco se internasionale lughawe ingewag het nie.
Maandag het beswaarmakers egter twee baniere oor die Golden Gate-brug gespan om die vryheid van Tibet te eis. Hulle is in hegtenis geneem.
Aartsbiskop Desmond Tutu en Tibetaktivis Richard Gere sou Dinsdagnag ‘n waak in stad onderneem, terwyl Burmese monnike Woensdag vooraan oor die brug sou marsjeer.
Die groot wenners in die bevolkingsresies is swartes wie se bevolking met 133% gaan styg van nou af tot in 2060 wanneer hulle 2,7 miljard mense of 25,38% van die wêreldbevolking gaan wees.
Die ander groot wenners is Indiërs wie se bevolking dié van Chinese en Japannese gaan verbysteek deur met 1,2 miljard mense toe te neem.
In 1950 was swartes slegs 8,97% van die wêreldbevolking. Binne ‘n enkele eeu sou hul getalle dus dertienvoudig toegeneem het.
Wêreldbankpresident Robert Zoellick sê stygende voedselpryse wat wêreldwyd maatskaplike onrus veroorsaak, is nie ‘n tydelike verskynsel nie maar sal ‘n hele paar jaar voortduur.
Hy sê sterk aanvraag, ‘n verandering in dieet en die uitbreiding van biobrandstowwe het die wêreld se voedselvoorrade na noodlaagtepunte gedryf.
Zoellick het Maandag aangedui dat die Wêreldbank met ander organisasies sal saamwerk om boere te help, veral in Afrika. Dit sal meebring dat produktiwiteit verhoog sal word en sal toegang tot voedsel verbeter.
Stygende voedselpryse hou ‘n ernstige risiko in vir groter armoede. Zoellick het om ‘n New Deal vir wêreldvoedselproduksie gevra. Die Bank het voorgestel dat twee keer soveel geld aan Afrika beskikbaar gestel moet word vir landbou.
Nigerië se Department van Petroleum Hulpbronne, die DPH, het gister bevestig dat 13 skepe wat petroleum bevat weggewys is en onder kwarantyn geplaas is.
‘n Ondersoek deur amptenare het aangetoon dat die produkte nie aan spesifikasies voldoen nie en Nigeriese motors kan beskadig omdat dit etanol bevat. Alle ingevoerde petrol bevat egter etanol.
Die Nigeriese Nasionale Petroleum Maatskappy beweer dat die presidensie ‘n aanbeveling gedoen het dat skepe wat petroleumprodukte dra wat tussen 1,5% en 5% etanol bevat, in die land toegelaat moet word. Hulle sê die huidige stappe van die DPH verontagsaam
die aanbeveling
Hulle het die DPH dringend versoek om hul verantwoordelikheid na te kom om die kunsmatige gebrek te vermy asook die lang toue by vulstasies.
Die waterstofperoksied sou as vloeistof in koeldrankhouers ingespuit word en dan aan boord geneem word. Die plan was verder om die bomme in die vliegtuigtoilette aanmekaar te sit.
Videobande is gemaak waarmee voornemende selfmoordbomplanters gewerf sou word om die vliegtuie in die lug op te blaas.