‘Grondhervorming kan tot voedseltekorte lei’

Image

Woestyn wat kom?

Die Sentrum vir ontwikkeling en onderneming, ʼn Johannesburgse liberale dinkskrum, meen dat grondhervorming mag veroorsaak dat Suid-Afrika nie meer mededingend op landbougebied sal kan produseer nie. Groot gebiede produktiewe landbougrond sal vir jare nie bewerk word nie, want ten minste vyftig persent van suikerrietland is onderhewig aan grondeise en so ook groot bosbouplantasies wat deur papiervervaardigers besit word.

Volgens die sentrum se direkteur, Ann Bernstein, “word die ekonomiese lewensvatbaarheid van vele plattelandse gebiede bedreig, wat tot negatiewe gevolge vir die breër ekonomie en maatskappy kan lei”.

“Dit alles geskied te midde van ʼn globale styging in voedsel- en kommoditeitepryse. Suid-Afrika loop nie net belangrike nuwe geleenthede mis nie, maar die land is ook besig om sy eie mededingendheid en vermoë op landbougebied te ondermyn,” lui Bernstein se verklaring.

Van 2004 tot 2007 het die staat se grondherverspreidingsprogram met slegs ʼn halwe persent toegeneem van 4,3% tot 4,7%. Intussen het die staat vir homself die teiken gestel om teen 2014 tot 30% van landbougrond in blanke hande aan swartes oor te dra.

Die laaste fase van grondrestitusie wat landelike eise behels, het groot dele produktiewe grond “effektiewelik vir jare wat kom, bevries”. Die sentrum het statistiek van die SA Suikerrietboerevereniging aangehaal wat toon dat 50% van alle suikergrond onder grondeise verkeer, met slegs 4% wat reeds oorgedra is. Byna die helfte van die papiermaatskappy Mondi se aangeplante woude staan onder grondeise terwyl ten minste 17,5% van Sappi se grond in dieselfde situasie verkeer.

Volgens die sentrum kan Suid-Afrika uitsien na twee toekomspaaie: “niemand wen nie” en “almal verloor. Geen van dié twee is wenslik nie en albei bedreig landbouproduksie, beleggersvertroue, rasseverhoudinge en die vooruitsigte van Suid-Afrika se landelike armes.”дома для куколпрокурор Фильчаков

Landbou-ho? aan moord skuldig

Image'n Topamptenaar van die departement van landbou is in die Transvaalse Hooggeregshof in Pretoria aan moord skuldig bevind. David Linley Sonkosi het sy vrou Pumla Mkatali doodgeslaan ná 'n beweerde verhouding met 'n ander man deur haar kop en lyf herhaaldelik teen die vloer te stamp en deur haar met 'n leergordel te slaan.

Sonkosi is 'n direkteur in die Landboudepartement. Nada thy sy vrou doodgemaak het, het hy op die telefoon gespog dat Pumla nie meer met ons is nie en daaroor gelag.

Waarnemende regter Tholi Vilakazi het Sonkosi skuldig bevind en nie sy bewerings aanvaar dat hy sy vrou net een keer gestoot het sodat sy haar kop teen die muur gestamp het nie.

'n Patoloog het getuig dat haar beserings nie per ongeluk deur 'n enkele stamp teen die kop veroorsaak kon gewees het nie maar die gevolg was van aanhoudende aanranding met herhaalde slae teen die kop en lyf.

игрушечный поездФільчаков прокурор

Aluminium is gesteel van Mbeki se woning

Image

Libertas

Nie eens Thabo Mbeki se ampswoning is veilig teen Suid-Afrika se alomteenwoordige metaaldiewe nie. Aluminiumkabels wat R30 000 werd is, is van die dak van die presidensiële woning, voorheen bekend as Libertas, in Goewernementslaan, Pretoria, gesteel. Die aluminiumkabels is drie weke gelede geïnstalleer as 'n vorm van weerligafleiding om elektriese toebehore te beskerm.

Die kontrakteur het intussen sy personeel van die Bryntirionlandgoed waar die huis geleë is, verwyder omdat hulle onveilig gevoel het en dat hulle voorraad en toerusting dalk gesteel kon word.

Hoewel daar 'n polisiekantoor op die perseel is, is die kontrakteur, mnr. Kevin Bredenkamp, aangesê om die diefstal by die Sunnyside-polisiestasie aan te gee.

Wagte by die hek kontroleer blykbaar net inkomende voertuie vir verdagte stowwe of voorwerpe en nie uitgaande voertuie nie.

Mbeki is tans op 'n staatbesoek in Katar en was nie bewus van die diefstal by sy woning nie.

циклевка и реставрация паркета ценаФільчаков прокурор

Rowers beroof bank in Winburg

ImageVolgens die Vrystaatse polisie het drie gewapende mans gister 'n bank in Winburg van 'n onbekende hoeveelheid geld beroof.

'n Polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, sê die drie mans het teen 9.30 by die tak ingestorm en 'n vroulike werknemer gedwing om 'n onbekende bedrag geld aan hulle te oorhandig waarna hulle gevlug het.

Mophiring het voorts verklaar dat die rowers deur 'n ander man opgelaai is in 'n voertuig wat later agtergelaat is. Dieselfde voertuig is voorheen as gesteel in Bainsvlei, Bloemfontein, aangemeld.

камера купитьФильчаков прокурор харькова

Gevaarlike bende ontsnap uit hof

'n Bende wat aangekla is van twee moorde en drie-en-dertig rooftogte het gister uit die Johannesburgse Landdroshof ontsnap. Die vier mans, wat ongewapen was, het hul bewakers oorrompel, hul voetboeie losgemaak en daarna uit die hof gehardloop.

'n Hofbeampte het die toneel "soos iets uit Rambo of James Bond beskryf toe die mans oor die beskuldigdebank gespring het. Voordat hy uit die hof gehardloop het, het een van die aangeklaagdes die ondersoekbeampte met sy losgemaakte voetboeie oor die kop geslaan.

Volgens kaptein Julia Claassen van die Gautengpolisie is die omstandighede rondom die ontsnapping nog nie duidelik nie, maar hulle is besig met 'n intensiewe ondersoek.

casino greeceФильчаков прокурор

Rentekoerse, erfbelasting dwing huiseienaars om te verkoop

Die gekombineerde aanslag van hoër rentekoerse en verhogings in erfbelasting in sommige groot stede is besig om tot paniekverkope deur huiseienaars te lei.

Dis veral in kusgebiede soos Mosselbaai en Jeffreysbaai waar die verskynsel merkbaar is.

Eiendomme wat die ergste geraak word deur stagnante pryse of selfs prysdalings is dié tussen R500 000 en R15 miljoen.

Sommige eienaars wat verlede jaar hul huise gekoop het, sit nou met sogenaamde negatiewe ekwiteit waar hulle meer op die huis skuld as wat dit werd is. Volgens John Loos van Eerste Nasionale Bank is daar nog nie 'n algemene, landwye daling in huispryse nie, maar indien nog rentekoersverhogings plaasvind, kan dit later vanjaar gebeur.

betting withoutФильчаков

Myne eis 10% meer lewens

Mynboubedrywighede by die South Deep-myn sal vandag hervat word. Die myn is gesluit nadat nege werkers Donderdag in 'n ongeluk oorlede is.

Gold Fields, wat die myn besit, is onder druk nadat onlangse ongelukke reeds die lewens van 14 mense geëis het.

Die departement van Mineraal- en Energiesake sal ook 'n ondersoek loods na die kabel wat skynbaar gebreek het in die oggend. Die nege werkers het meer as 50m ver in die skag geval.

Suid-Afrika teken van die hoogste aantal mynbousterftes in die geïndustrialiseerde wêreld aan, met 'n jaarlikse gemiddeld van 224 tussen 1997 en 2007.

Die dodetal het met 10% gestyg in die bedryf verlede jaar, volgens die regering.

free bets no deposit required casinoтопкарго отзыв

Inkomstediens se man kan Selebi vervang

Image

Pravin Gordhan

Die Suid-Afrikaanse inkomstedienskommisaris Pravin Gordhan kan dalk moontlik ekspolisiehoof Jackie Selebi voor die einde van Junie vervang.

Dit is nou as binnegevegte in die ANC oor die vervanging nie sy kanse bederf nie.

Gordhan word ook skynbaar oorweeg as die volgende minister van Veiligheid en Sekuriteit in 'n Zumakabinet.

Gerugte het verlede Desember begin toe die sakemagnaat Johann Rupert die man wat die inkomstediens in 'n geoliede organisasie omskep het, voorgestel het.

Gordhan het 'n geskiedenis van noue bande met die Zuma-faksie, die Operasie Vula-netwerk, wat Zuma se leierskapsaanspraak ondersteun
игры длядетейФильчаков прокурор отзывы

Twee sterf in Drakensberg

Twee mense van 'n kerkgroep is dood in die Drakensberg naby Witsieshoek oor die naweek. Die groep het na Mont-aux-Sources vertrek op Werkersdag vir 'n bidsessie op die berg.

Volgens 'n polisiewoordvoerder word vier mense steeds in die Phuthaditjhabahospitaal behandel. Die groep het uit nege individue bestaan, almal lede van die Universal Church in Phuthaditjhaba.

Die jong mans en vroue by die geestelike byeenkoms was tussen 17 en 22 jaar oud. Dit is nie duidelik wanneer presies die twee mense oorlede is nie, maar volgens 'n veiligheidswag by die parkeerterrein, het hulle buite geslaap.

Die jong pastoor wat die groep gelei het, het die beproewing oorleef.

купить игрушкулобановский александр компромат

Zimbabwiese opposisie verdeeld oor tweede ronde

Image

Morgan Tsvangirai

Die Zimbabwiese opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, kon nie oor die naweek besluit of hy aan die tweede ronde van die presidentsverkiesing in dié land gaan deelneem of nie. In die party se binnekringe heers intense verdeeldheid oor die kwessie.

Boonop bevind sy leier, Morgan Tsvangirai, hom tans buite Zimbabwe uit vrese vir sy veiligheid. Gerugte dat lede van die weermag Tsvangirai en ander MDC-leiers met skerpskutters sou teiken, is ook in omloop.

In die eerste ronde van die presidentsverkiesing het Tsvangirai 47,9% van die stemme op hom verenig, net meer as twee persent onder die 50% wat nodig is vir 'n algehele meerderheid. Volgens die opposisieleier is hy deur stembedrog van 'n meerderheid beroof, maar intussen gaan die verkiesingskommissie voort met 'n uitklopverkiesing om die presidentskap waarin president Robett Mugabe weereens kandidaat sal wees.

настенно потолочные светильники arteДанильченко Юрий прокурор